Suid-Afrika het die 300 000-kerf verbygesteek wat bevestigde Covid-19-gevalle betref.
Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Woensdagaand in sy gebruiklike verklaring gesê 311 049 mense in Suid-Afrika het nou reeds positief getoets vir Covid-19. Dit is ʼn toename van 12 757 nuwe gevalle in die afgelope 24-uur-siklus.
Volgens Mkhize is nog 107 Covid-19-verwante sterftes in dié tyd aangemeld. Die sterftes is onderskeidelik in KwaZulu-Natal (4), Noordwes (12), die Oos-Kaap (12), die Wes-Kaap (38) en Gauteng (41) aangemeld.
Dit bring die land se dodetal op 4 453 te staan.
Altesaam 160 693 pasiënte het egter reeds herstel, met ʼn herstelkoers van 51,7%.
Volgens Mkhize is 45 389 nuwe toetse in die laaste siklus uitgevoer. Altesaam 2 278 127 toetse is nou reeds uitgevoer, waarvan meer as die helfte (56%) in die private sektor gedoen is.
Sterftes en persone wat herstel het:
Provinsie | Sterftes | Herstel |
Oos-Kaap | 738 | 37 380 |
Vrystaat | 35 | 968 |
Gauteng | 767 | 45 743 |
KwaZulu-Natal | 317 | 8 968 |
Limpopo | 33 | 1 492 |
Mpumalanga | 33 | 1 300 |
Noordwes | 48 | 2 578 |
Noord-Kaap | 15 | 508 |
Wes-Kaap | 2 467 | 61 756 |
Totaal | 4 453 | 160 693 |
Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.
Punt van die ysberg .
Vir seker.
Nee…huidige getal min die herstel syfer en die sterfte tal…dit is die hoeveelheid getalle wat ons het.
dink net, oorleef Korona, net om dood te gaan van honger, meer mense is nou inkomsteloos as wat dood is
Volgens die CIA World Factbook is SA se totale sterftesyfer 9.3/1000. Kom ons werk op n bevolking van 58 miljoen.
Dit beteken ons totale daaglikse sterftesyfer is
9.3/1000×58,000,000/365=1475.
So in 3 dae sterf daar maar mense van alle ander dinge as wat die totale covid sterftesyfer sedert die begin van die uitbraak is.
Maar steeds is daar mense wat dink covid is hierdie verskriklike ding.
4 dae, nie 3 nie. My fout.
Herstel syfer is BAIE hoër, want die minimum mense gaan weer terug vir ‘n opvolg toets as hulle herstel het of na hulle 14 dae isolasie
Masiewelik hoër Charles. My covid brief reken 14 dae isolasie soos per normaal en dan terug werk toe. Dr WIL jou nie weer sien want ‘shed of particles’ is slegs eerste 5 dae en hulle wil nie verdere toetse mors nie. So: HOE kry hulle daardie statistieke. BS.