Altesaam 4 011 nuwe gevalle van Covid-19 is in Suid-Afrika bevestig.
Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Dinsdagaand gesê die getal bevestigde gevalle staan nou op 821 889 en 753 072 mense het reeds van die virus herstel.
Nog 183 Covid-19-sterftes is ook bevestig. Hiervan was 82 in die Oos-Kaap, 20 in die Vrystaat, 11 in Gauteng, 13 in KwaZulu-Natal, sewe in die Noord-Kaap en 50 in die Wes-Kaap. Dit bring die land se sterftesyfer weens die virus op 22 432 te staan.
Meer as 28 000 toetse vir Covid-19 is sedert die vorige verslag gedoen. Hiervan is 73%, oftewel 20 562, in die private sektor gedoen.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
11 Kommentare
En só sal die land voortploeter, omdat té veel die voorkomingsmaatreëls ignoreer.
Niemand Kom die reels na nie, partytjies waar ek bly word elke naweek gehou van 1000 de mense en geen makers en geen social distancing soos geen… Nieman gee om daarom Sal ons nie die virus hokslaan….(Vakansie Oord)… En dit gaan oral so… Ons WAT dit nakom word blootgestel deur mense WAT drank en partytjies Bo gesondheid verkies…
Ek vertrou nie die syfers nie . Dit is baie maklik om die syfers op te maak en manse n rat voor die oe te draai .
Dirk,dit is kommerwekked dat toetse nie akkuraat is nie.Hoeveel mense het positief getoets wat inderdaad nie die virus het nie.Die monsters word mos in laboratoriums getoets.Onopgeleide personnel.
Watter bewyse het ons dat hierdie syfers self naby die waarheid is? Ek kan net sowel beweer dat Biden dalk my tannie is.