Suid-Afrika het nou meer as 796 000 bevestigde Covid-19-gevalle met 4 173 nuwe gevalle wat aangemeld is.
Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Woensdagaand bevestig dat 796 472 Covid-19-gevalle al in die land aangemeld is.
Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 21 709 nadat nog 65 sterftes aangemeld is: vier in die Oos-Kaap, 15 in die Vrystaat, vier in Gauteng, 12 in KwaZulu-Natal en 30 in die Wes-Kaap.
Tot dusver het 734 305 mense reeds van die virus herstel.
Suid-Afrika het tot dusver 5 468 670 toetse vir Covid-19 gedoen, 32 846 sedert die vorige verslag.
Provinsiale statistieke:
Provinsie | Gevalle | Persentasie |
Oos-Kaap | 130 430 | 16,4% |
Vrystaat | 59 115 | 7,4% |
Gauteng | 235 664 | 29,6% |
KwaZulu-Natal | 128 697 | 16,2% |
Limpopo | 18 689 | 2,3% |
Mpumalanga | 31 493 | 4% |
Noordwes | 34 898 | 4,4% |
Noord-Kaap | 23 253 | 2,9% |
Wes-Kaap | 134 233 | 16,9% |
Totaal | 796 472 | 100% |

Sterftes en persone wat herstel het:
Provinsie | Sterftes | Herstel |
Oos-Kaap | 4 678 | 115 608 |
Vrystaat | 1 946 | 51 196 |
Gauteng | 5 018 | 229 041 |
KwaZulu-Natal | 3 367 | 118 355 |
Limpopo | 506 | 17 789 |
Mpumalanga | 614 | 30 474 |
Noordwes | 566 | 33 618 |
Noord-Kaap | 313 | 20 723 |
Wes-Kaap | 4 701 | 117 501 |
Totaal | 21 709 | 734 305 |


O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
14 Kommentare
Solank samedromming sonder maskers aan die orde van die dag is, sal infeksies versprei. Té veel mense weier om gehoor te gee aan die voorkomingsmaatreëls: dit is traak-my-nie-agtigheid en moedswilligheid, want volgens dié mense bestaan die Covid-virus nie.
92.2% herstel.
Ja sekerlik, ons moet die wereld tendens volg.
Hulle moet hulle kaders hok slaan en ons uit los
kyk hoe het die lede vakbond saamgedrom om te betoog met min maskers te sien. die anc hou ook vergaderings met baie mense. taxis is vol met toe vensters en min maskers. so die meer as 4000 nuwe gevalle verbaas my nie.