Covid-19-statistieke: Meer as 4 400 nuwe gevalle

(Foto ter illustrasie: Diana Polekhina/Unsplash)

Teen Donderdagaand het Suid-Afrika altesame 1 649 977 nuwe gevalle van Covid-19 gehad nadat nog 4 424 nuwe gevalle van die koronavirus bevestig is.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, sê 93 bykomende sterftes is ook aangemeld. Hiervan was een in die Oos-Kaap, 17 in die Vrystaat, 42 in Gauteng, drie in KwaZulu-Natal, 15 in Limpopo en 15 in die Wes-Kaap. Geen sterftes is in Mpumalanga, die Noord-Kaap of Noordwes bevestig nie.

Die algehele sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 56 170.

Die herstelkoers staan tans op 93,8% nadat 1 548 092 van die virus herstel het.

Meer as 11,4 miljoen Covid-19-toetse is tot dusver vir Covid-19 gedoen, waarvan 43 442 in die voorafgaande 24 uur. Altesame 54% van toetse is in die private sektor gedoen.

ProvinsieSterftesReeds herstelAktiewe gevalle
Oos-Kaap11 657185 045760
Vrystaat4 28087 7557 482
Gauteng11 141424 93314 303
KwaZulu-Natal10 500324 6564 220
Limpopo2 43062 035621
Mpumalanga1 43878 6681 700
Noordwes1 88967 0395 778
Noord-Kaap1 04640 3297 671
Wes-Kaap11 789277 6323 180
Totaal56 1701 548 09245 715

Massa-inenting

Tot dusver is 479 768 mense ingevolge die regering se Sisonke-program met een dosis van die Johnson & Johnson-entstof ingeënt.

Diegene wat in fase 2 van die program die Pfizer-entstof ontvang het, staan op 348 436.

Die algehele syfer staan tans op 828 204.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.