Covid-19-statistieke: Meer as 4 miljoen toetse in SA gedoen

‘n Persoon word getoets vir Covid-19. (AP Photo/Brian Inganga)

Altesaam 657 627 mense in Suid-Afrika het nou reeds Covid-19 opgedoen. Dít dui op ʼn toename van 2 055 nuwe gevalle in die afgelope siklus van 24 uur.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Vrydagaand in sy gebruiklike verklaring gesê nog 85 pasiënte het intussen weens Covid-19 gesterf. Dié sterftes is onderskeidelik in Gauteng (62), die Oos-Kaap (5), KwaZulu-Natal (9), die Wes-Kaap (7) en die Noord-Kaap (2) aangemeld.

Dít bring die land se dodetal op 15 857 te staan.

Volgens Mkhize het 586 844 pasiënte in Suid-Afrika egter reeds van die koronavirus herstel, met ʼn herstelkoers van 89,2%.

Nog 20 057 toetse is intussen uitgevoer. Die land het nou meer as 4 miljoen (4 003 590) toetse sedert die uitbreek van die virus gedoen. Die meeste van die toetse (57%) is in die privaat sektor uitgevoer. 

Sterftes en mense wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstel
Oos-Kaap3 06383 629
Vrystaat83828 934
Gauteng4 022192 447
KwaZulu-Natal2 478107 777
Limpopo34413 572
Mpumalanga49624 813
Noordwes32523 382
Noord-Kaap18410 640
Wes-Kaap4 107101 650
Totaal15 857586 844

Wil jy op die hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
Jan

Hulle sal nou probeer om die getalle met meer toetse op te stoot en sodoende nog ‘n “toetsdemie” te skep soos wat in Europa gedoen word. Dan rapporteer die media die toename in gevalle asof dit ‘n tweede golf is maar meld nie dat sterftes nie die grafiek volg nie.