Covid-19-statistieke: Meer as 41 000 al ingeënt

(Foto: Justin Tallis/AFP)

Altesame 41 809 gesondheidswerkers is teen vroeg Dinsdagaand as deel van die program teen die verspreiding van Covid-19 ingeënt.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het ook bevestig dat 1 862 nuwe gevalle van die virus aangemeld is. Tot dusver het 1 507 448 mense positief vir die virus getoets en 1 422 622 mense het reeds daarvan herstel – dit is ʼn koers van 94%.

Nog 110 sterftes is bevestig. Hiervan was vyf in die Oos-Kaap, 61 in die Vrystaat, 12 in Gauteng, sewe in KwaZulu-Natal, sewe in Mpumalanga, een in die Noord-Kaap en 17 in die Wes-Kaap. Geen sterftes is in Limpopo en Noordwes aangemeld nie.

Die sterftesyfer weens Covid-19 landwyd staan nou op 49 523 en daar is tans 35 303 aktiewe gevalle van die virus.

Aktiewe gevalle:

Oos-Kaap            430

Vrystaat              6 737

Gauteng              3 998

KwaZulu-Natal   9 730

Limpopo              1 180

Mpumalanga      1 287

Noordwes           3 155

Noord-Kaap       2 291

Wes-Kaap           6 495

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Pieter ·

Goed, so hulle het op dag vier 3825 mense per dag geent. ‘n verdere drie dae later en hulle het 8836 mense per dag geeent. So hulle het gewikkel hoor… Op hierdie trand sal die 80000 dosise klaar wees teen die naweek (as hulle met die trand kan aangaan en verbeter). Anders teen Dinsdag.

H ·

kom ons kyk of hulle die gevalle fgaan noem waar dit die mense ernstig aangetas het… 80% dalk ??

Anti-Verkramp ·

Siende dat omtrent 300 000 000 mense reeds wereldwyd ingeent is sonder “ernstige aantastings” dink ek jou voorspelling is ietwat onakkuraat.

gatgogga ·

Hoe weet ‘n mens dat die onderduimse regering nie die oneffektiewe (vervalde?) AZ entstof aan jou verskaf nie?

Anti-Verkramp ·

Sover ek weet kom elke dosis in sy eie unieke, geseelde en gemerkte buisie (vile). Ek twyfel of die regering die mannekrag en die ekspertise het om aan jou samesweringsteorie te voldoen want dit sou beteken dat of die buisie of die entstof self omgeruil word.

Thom ·

Moenie die mense se “bubble ” bars nie ; dit is al wat hulle het om te doen .

Kerneels ·

Weet iemand dalk hoeveel mediese personeel daar is wat in die eerste fase die inenting mag ontvang?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.