Covid-19-statistieke: Meer as 46 000 sterftes

(Argieffoto)

Suid-Afrika het tot dusver altesaam 46 180 sterftes weens Covid-19 gehad, nadat nog 278 nuwe sterftes teen Saterdagaand bevestig is.

Nog 20 sterftes is in die Oos-Kaap aangemeld, 20 in die Vrystaat, 50 in Gauteng, 109 in KwaZulu-Natal, drie in Limpopo, 109 in KwaZulu-Natal, 19 in Mpumalanga en 57 in die Wes-Kaap.

Suid-Afrika se herstelkoers weens Covid-19 staan tans op 91% nadat 1 340 497 uit 1 473 700 mense wat die virus opgedoen het, reeds daarvan herstel het.

Altesaam 3 184 nuwe gevalle van die virus is bevestig. Meer as 33 000 toetse vir Covid-19 is sedert die vorige verslag gedoen.

Só lyk die aktiewe gevalle:

Oos-Kaap:           2 823

Vrystaat:             8 227

Gauteng:             7 654

KwaZulu-Natal:  40 309

Limpopo:            2 792

Mpumalanga:    3 161

Noordwes:         7 215

Noord-Kaap:      3 576

Wes-Kaap:          11 266

Totaal:                 87 023

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

4 Kommentare

jongste oudste gewildste
Die Wolf

Oos Kaap? Aikona.

Jaco

Hoeveel in SA sterf elke jaar aan tuberkulose? 382 000 volgens die World Health Organisation. Dus baie meer as aan Corona. Maar o wee, ons het nou ‘n pandemie en besighede moet swaarkry en bankrot speel en mense moet hulle werk verloor. Vreemd.