Covid-19-statistieke: Meer as 480 000 gevalle reeds aangemeld

(Argieffoto)

Suid-Afrika het reeds meer as 480 000 bevestigde Covid-19-gevalle aangemeld.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het laat Donderdagaand bevestig dat 482 169 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld is.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 7 812 nadat nog 315 sterftes aangemeld is: 121 in die Oos-Kaap, 96 in Gauteng, 55 in KwaZulu-Natal, 34 in die Wes-Kaap en nege in Noordwes.

Suid-Afrika het tot dusver 2 918 049 toetse vir Covid-19 gedoen, 44 886 sedert die vorige verslag. Tot dusver het 309 601 mense reeds van die virus herstel.

Provinsiale statistiek:

ProvinsieGevallePersentasie
Oos-Kaap77 05516%
Vrystaat20 3984,2%
Gauteng171 57435,6%
KwaZulu-Natal73 91915,3%
Limpopo8 2401,7%
Mpumalanga13 2802,8%
Noordwes18 8113,9%
Noord-Kaap4 4020,9%
Wes-Kaap94 44019,6%
Onbekend500%
Totaal482 169100%

Sterftes en persone wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstel
Oos-Kaap1 70063 903
Vrystaat1542 178
Gauteng1 932111 061
KwaZulu-Natal76732 483
Limpopo674 700
Mpumalanga656 854
Noordwes818 160
Noord-Kaap291 341
Wes-Kaap3 01778 921
Totaal7812309 601

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

5 Kommentare

jongste oudste gewildste
Pieter

Hierdie ANC surkis raai oor die syfers iemand wat ek ken is oorlede aan kanker maar sy dood setifikaat wys covid. Hoekom lieg die komuniste so oor iemand se dood.

Kobus

Dit gaan alles maar alles oor geld! Onthou, daar is landa daar buite wat nog SA jammer kry, met ‘n ag shame, die arme regering sukkel, kom ons druk nog geld in hulle beursies in! Nou wonder ek weer, wat het van die wonderlike Kubane geword wat ten duurste ingevoer is Suid Afrika om the pandemie te help beveg? Of was dit ook maar net ‘n eye blind gewees?

Jakes

Natuurlik is dit glad nie verbasend dat die WGO nou ondersoek gaan instel na die Covid statistiek wat daagliks vrygestel word nie. N gewone burger met n gemiddelde IK behoort lankal lont te geruik het want dis algemene kennis dat rekenkunde nie baie bedrewe is onder sekere politici nie.

AntiMarxistZA

40,000….
Hoeveel mense sedert die begin van die pandemie aan TB omgekom het in SA….