Covid-19-statistieke: Meer as 5 000 nuwe gevalle

(Argieffoto: Unsplash)

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios), het Dinsdagaand die jongste Covid-19-statistieke vir Suid-Afrika bekendgemaak.

Altesaam 5 062 nuwe gevalle is aangemeld wat ʼn positiwiteitskoers van 18,4% verteenwoordig. Dit bring die totale gevalle op 3 769 927 te staan.

Nog 6 sterftes is sedert die vorige verslag aangemeld, waarvan 2 sterftes die afgelope 24 – 48 uur aangemeld is. Dit bring die dodetal op 100 348 te staan. Volgens Nios is daar steeds ʼn agterstand wat die aanmelding van Covid-19-sterftes betref weens die voortgesette oudit deur die departement van gesondheid.

Minstens 24 370 285 toetse is reeds gedoen.

Die meeste van die nuwe gevalle wat sedert die vorige verslag aangemeld is, is van Gauteng (46%), gevolg deur KwaZulu-Natal (29%). Die Wes-Kaap verteenwoordig 11%, die Vrystaat en die Oos-Kaap elk 4%, Limpopo, Mpumalanga en Noordwes elk 2% en die Noord-Kaap 1%.

Sedert die vorige verslag was daar ʼn toename van 83 hospitaal-opnames. Daar is tans 1 900 Covid-19-pasiënte in 667 staat- en privaat hospitale.

Altesaam 3 635 429 persone (96,4%) het reeds herstel.

Altesaam 34 726 984 dosisse entstof is reeds toegedien.

Provinsiale statistiek:

ProvinsieNuwe gevalleGevalle
Oos-Kaap198347424
Vrystaat206203772
Gauteng23071233499
KwaZulu-Natal1448671755
Limpopo93156377
Mpumalanga100194468
Noordwes112194049
Noord-Kaap27109349
Wes-Kaap571659234
Totaal50623769927

Sterftes en persone wat herstel het: 

ProvinsieSterftesHerstelAktiewe gevalleTotale gevalle
Oos-Kaap166193296641141347424
Vrystaat76851943041783203772
Gauteng206911200235125731233499
KwaZulu-Natal1607664534010339671755
Limpopo4617151477283156377
Mpumalanga4705189081682194468
Noordwes4794188595660194049
Noord-Kaap3220105621508109349
Wes-Kaap219416311126181659234
Totaal1003483635429341503769927

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Pietertjie ·

Verkoues en griep is aan die toeneem. Dit raak winter hier in Suid Afrika.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.