Covid-19-statistieke: Meer as 5 000 sterf reeds

(Argieffoto)

Suid-Afrika het reeds meer as 5 000 Covid-19-verwante sterftes aangemeld.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Sondagaand bevestig dat 364 328 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld is.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 5 033 nadat nog 85 sterftes aangemeld is. Suid-Afrika het tot dusver 2 471 747 toetse vir Covid-19 gedoen, 49 006 sedert die vorige verslag. Tot dusver het 191 059 mense reeds van die virus herstel.

 

Sterftes en persone wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstel
Oos-Kaap82544 317
Vrystaat471 103
Gauteng98658 512
KwaZulu-Natal41611 055
Limpopo332 042
Mpumalanga441 958
Noordwes482 890
Noord-Kaap15772
Wes-Kaap2 61968 410
Totaal5 033191 059

Provinsiale statistiek:

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

2 Kommentare

jongste oudste gewildste
PH

Ons neem kennis.
Nou gee nou die ware syfers asb.

Niklaas

Niemand het op Oujaarsaand gedink aan so ‘n moontlikheid vir die nuwe jaar nie. Wat my kwel is dat talle ander digbevolkte Afrika lande , soos Malawi en Nigerië , so ‘n lae syfer het vergeleke met ons.
Dieselfde kan gesê word van Indië , China , Japan , Korea vergeleke met lande soos Mexico , Braziliê en VSA, Iets is nie pluis nie . Moontlik het hulle lankal reeds ‘n teenmiddel of hul syfers is totaal onderdruk en verkeerd gerapporteer