Covid-19-statistieke: Meer as 5 000 toets positief

Suid-Afrika het sedert Dinsdag nog 5 688 Covid-19-gevalle en 103 nuwe sterftes aangeteken. Dit is die tweede opeenvolgende dag dat die aantal sterftes die 100-merk oorskry. Sedert Maart het 111 796 mense al positief getoets vir Covid-19 en is 2 205 mense reeds dood weens die virus. Altesaam 56 874 mense het wel reeds herstel, ʼn koers van 50,9%. Dit is effens laer as verlede week se 52%. Die sterftekoers bly stabiel op 2% van positiewe gevalle staan.

Die meeste sterftes is in die Wes-Kaap (63), Gauteng (25) en Oos-Kaap (15) aangeteken.

Die grootste toename in gevalle die afgelope 24 uur was in Gauteng (2 115), die Wes-Kaap (1 650) en Die Oos-Kaap (1 106). KwaZulu-Natal het ook ʼn redelike toename van 450 nuwe gevalle getoon.

Die grootste persentasie Covid-19-sterftes kom steeds onder die ouderdomsgroepe 50-59 (24%) en 60-69 (26%) voor.

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Magda ·

My dogter was 24/6 by Steve Biko vir haar 6 maandelike afspraak, is daar gestop met n koors, toe neus, seer keel en hees stem. Is verwys na Covid19 afdeling, daar is sy gehelp, haar afspraak geskuif na 3 Julie en is verwys vir Covid19 toetse na DASPOROT KLINIEK. Nou ja , daar so sleg behandel en is verwys na Hercules kliniek, is daar ook sleg behandel – hulle doen wel die Covid19 toetse maar daar was geen Swaps om dit te doen nie, en die suster was nie eers ten volle geklee nie in beskermsdrag nie, nie vir ons gese waarheen ons toe moet gaan nie, gaan toe binne in die kliniek , en toe hardloop “Die” suster van buite in en praat daar met n Wit suster en is toe buitentoe geneem en gese ons mag nie inkom nie, wat soek ons, na ons probeer verduidelik het is die verwysings brief van Steve Biko hardhandig geneem en sy skryf toe daarop dat ons na PTA Wes hospitaal toe moet gaan, SWAK DIENS BY DIE 2 KLINIEKE. Uitstekende Diens by Pta Wes HP deur Cubanse Dokters – BAIE DANKIE CUBANSE DR. .

Dals ·

Jammer oor die swak diens wat jy ontvang het. Hoop jou dogter is ok

BoerSonderRoer ·

Onbevoegdheid is aan die order van die dag met hierdie regstellende klomp.

antieke antie ·

die covid word nie hanteer soos die ebola en ander siektes lanktyd terug hanteer nie….hoekom nie sekere dele van die hospitaal afsluit vir geen ander mense nie…gange…lifts….voorportaal ens…. nie net in die sale nie…. die personeel moet ook beperk word en afgesonder word tot dat die siekes en die pandemie gesond en verby is… maar nou kan mense enige plek inkom…

koos10 ·

Dis twee heeltemal verskillende siektes. Die een se sterfkoers is 2% en die ander 50+%.

Was jy so bekommerd ook toe SARS, MERS en Varkgriep ook uit gebreek het? Die selfde tipe siektes as COVID 19, en ek het niemand in SA met maskers gesien of wegkruip in huise nie.

Oom Hennie Pennie ·

Ek wonder maar oor die Wes Kaap se statistieke. Ek het ‘n groot vriendekring in die Wes Kaap maar nie een het al gehoor dat ‘n vriend van ‘n vriend van ‘n vriend siek is van covid-19 nie, wat nog te se dood??

BoerSonderRoer ·

Ek het ‘n vriend daar, 40 jarige man, hy is positief getoets.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.