Covid-19-statistieke: Meer as 50 000 aktiewe gevalle

Argieffoto (Foto: Unsplash)

Altesaam 725 452 mense in Suid-Afrika het nou reeds Covid-19 opgedoen nadat nog 1 770 pasiënte in die afgelope siklus van 24 uur positief getoets het.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Saterdagaand in sy gebruiklike verklaring gesê nog 46 pasiënte het intussen weens Covid-19 gesterf. Die meerderheid (35) van die sterftes is in die Oos-Kaap aangemeld, gevolg deur die Wes-Kaap (4), KwaZulu-Natal (3), die Vrystaat (2) en Gauteng (2).

Altesaam 10 van dié pasiënte is die afgelope 24 tot 48 uur dood weens Covid-19.

Dít bring die land se dodetal op 19 276 te staan.

Volgens Mkhize het 654 182 pasiënte in Suid-Afrika egter reeds van die koronavirus herstel, met ʼn herstelkoers van 90%.

Daar is tans 51 994 aktiewe gevalle van Covid-19 in die land.

Nog 22 150 toetse is intussen uitgevoer. Die land het nou reeds 4 822 973 toetse sedert die uitbreek van die virus gedoen. Die meeste van die toetse is in die privaat sektor uitgevoer.

Sterftes en mense wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstel
Oos-Kaap3 68189 158
Vrystaat1 50742 869
Gauteng4 721208 043
KwaZulu-Natal3 225112 869
Limpopo45816 588
Mpumalanga60528 559
Noordwes45229 383
Noord-Kaap26618 061
Wes-Kaap4 361108 652
Totaal19 276654 182

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

7 Kommentare

jongste oudste gewildste
Adriaan

Steur enige iemand hulle nog aan die pers se bangmaak praatjies?

Trotse Boervrou

Kan enige iemand dalk verklaar wat het van die griep geword wat elke jaar, al vir dekades lank, tussen 16 000 en 20 000 mense laat sterf het? Bestaan dit skielik net glad nie meer nie. Of is Covid net die nuwe naam daarvoor?

Persheks Adri

Verskuilde agendas agter die syfers en ja gee my maar af duime, maar hulle wil net nóg plunder! Wat ek nie verstaan nie is dat daar al hoe meer gevalle is, maar herstel bly op 90%??? Hulle onderskeie ons intelligensie regtig

Alleen Wolf

HY LIEG SOOS ‘N TANDETREKKER