Covid-19-statistieke: Meer as 50% het reeds herstel

Argieffoto (Foto: fernando zhiminaicela/Pixabay)

Zweli Mkhize, die minister van gesondheid, het Donderdagaand die jongste Covid-19-statistieke vir Suid-Afrika bekendgemaak.

Altesaam 118 375 gevalle is tot dusver bevestig van 1 460 012 toetse wat gedoen is.

Nog 87 Covid-19-verwante sterftes is aangemeld, insluitend twee van Gauteng, 15 van KwaZulu-Natal, 17 van die Oos-Kaap en 53 van die Wes-Kaap. Dit bring die dodetal op 2 292 (1,9%) te staan.

Altesaam 59 974 persone (50,7%) het reeds herstel.

Provinsiale statistiek:

ProvinsieGevallePersentasie
Oos-Kaap2048717,3
Vrystaat9760,8
Gauteng2874624,3
KwaZulu-Natal65905,6
Limpopo7300,6
Mpumalanga7830,7
Noordwes29652,5
Noord-Kaap3180,3
Wes-Kaap5678048,0
Onbekend00,0
Totaal118375100

 

Sterftes en persone wat herstel het: 

ProvinsieSterftesHerstel
Oos-Kaap36310439
Vrystaat9318
Gauteng1495856
KwaZulu-Natal1062947
Limpopo5329
Mpumalanga2207
Noordwes5291
Noord-Kaap1112
Wes-Kaap165239475
Totaal229259974

Ouderdomme: 

OuderdomSterftesPersentasie
0-930,1
10-1950,2
20-29331,4
30-391335,8
40-4928912,6
50-5955224,2
60-6960326,3
70-7940717,8
80-891978,6
90-99552,4
100-10910,0
Onbekend140,6
Totaal2292100

Geslag:

Mans (%)Vroue (%)OnbekendTotaal
1193 (52,1)1097 (47,9)22292

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Jakes ·

Hoe weet die agbare minister dat meer as helfte herstel het aangesien daar nog duisende uitstaande toetse is wat tussen 14 dae en langer kan neem om vas te stel? Intussen kan duisende mense aangesteek word terwyl persone wat dit het, onwetend ander besmet met die virus. Hoe is dit moontlik dat Gauteng wat die digste bevolking het in SA so min besmette gevalle en sterftes het? Die antwoord is voor die hand liggend dat die syfers nie klop nie.

Estelle ·

Ek sal graag wil weet hoe akkuraat is die toetse. My man het positief getoets en ons was toe 2 weke in self isolasie. Geen simptome gekry nie. Hoor toe op fb is daar baie mense wat kla oor n sekere laboratorium dat hul positief toets en dan na 4 dae teruggaan en dan negatief toets. Toe ek en my man ons laat toets het na die 2 weke isolasie, het hul met n stokkie net hier voor in ons neuse – bokant ons neusgate – gekrap. Blykbaar is dit ook nie reg nie, dit moet diep ingesteek word. Ek woon in Somerset wes en twyfel nou aan ons toetssentrum se vermoe.

Mieke ·

My tuin werker het gister laat weet hy was klinuek toe.. erg siek: koors, hoofpyn, seer lyf ens. Hulle “sê” hy het nie Covid nie, maar hulle het ook glad nie getoets nie want hy is oor 60… Red ‘n nasie!!! Die statistiek beteken absoluut NIKS!!! Wat help dit jou statistiek sluit nie die ouer mense in? En wat help dit hulle sê dis nie Covid nie en dit is wel?!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.