Covid-19-statistieke: Meer as 50 miljoen gevalle wêreldwyd

(Argieffoto: pixabay)

Suid-Afrika het teen Sondagaand ʼn bevestigde 737 278 Covid-19-gevalle gehad en 1 372 nuwe gevalle is bevestig.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het gesê nog 20 sterftes is bevestig – 19 in die Oos-Kaap en een in Gauteng. Net een van die sterftes – die een in Gauteng – het oor die afgelope 24 tot 48 uur plaasgevind.

Suid-Afrika se sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 19 809.

Altesame 679 688 mense het reeds van die virus herstel – ʼn herstelkoers van 92%.

Wêreldwyd was daar teen Maandagoggend meer as 50 miljoen Covid-19-gevalle.

Die algehele syfer staan volgens die Johns Hopkins-universiteit op 50 316 476, terwyl meer as 1,2 miljoen mense reeds aan die virus dood is.

Die VSA is die land wat tot dusver die swaarste getref is. Meer as 9,9 miljoen gevalle en meer as 237 000 sterftes is daar bevestig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Marianna ·

Net een sterfte oor die afgelope 24 – 48 uur! Wanneer was die ander dan? Word die sterftes wat alreeds bekend gemaak is, weer oor twee dae by die nuwes gevoeg. Wat gaan hier aan Mr Mkize?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.