Covid-19-statistieke: Meer as 58 000 aktiewe gevalle

(Argieffoto: Unsplash)

Suid-Afrika het in hierdie stadium altesame 58 234 aktiewe gevalle van Covid-19 en nog 5 668 nuwe gevalle is sedert die vorige verslag bevestig.

Dr. Zweli Mkhize sê in sy daaglikse bywerking van Covid-19-syfers altesame 1 686 041 mense het sedert die uitbreking positief vir Covid-19 getoets.

Meer as 11,8 miljoen toetse is reeds gedoen – 43 137 sedert die laaste verslag. Byna 60% van toetse word in hierdie stadium in die private sektor gedoen.

Nog 67 Covid-19-verwante sterftes is ook aangemeld. Hiervan was vier in die Oos-Kaap, 23 in die Vrystaat, vyf in KwaZulu-Natal, drie in die Noord-Kaap en agt in die Wes-Kaap. Geen sterftes is in Limpopo, Mpumalanga, Noordwes of die Noord-Kaap bevestig nie.

Die algehele sterftesyfer vir Covid-19 is nou 56 832.

Die herstelkoers het effens verder teruggesak en staan nou op 93,2%. Tot dusver het 1 570 975 mense van die virus herstel.

ProvinsieSterftesReeds herstelAktiewe gevalle
Oos-Kaap11 672185 5501 164
Vrystaat4 41590 0798 790
Gauteng11 363436 64920 642
KwaZulu-Natal10 528325 2664 835
Limpopo2 47262 4881 003
Mpumalanga1 45680 1471 952
Noordwes1 94969 1426 869
Noord-Kaap1 13242 1428 808
Wes-Kaap11 845279 5124 171
Totaal56 8321 570 97558 234

Teen Vrydag het 3,2 miljoen mense vir die regering se entstofprogram geregistreer. Meer as 36 000 registrasies is sedert die vorige dag gedoen en net meer as 36 000 mense het sedert ʼn dag tevore die entstof ontvang.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Hendrik Marthinus ·

Luister na mediesie Ramaphosa, Hulle waarsku jou al van begin van week, hospitale word oorvol
Jy Wil eers weer wag tot nog mense onnodig sterf,
Hulle vra vroere curfew tye en drank moet verban word
Statistieke in hierdie week alleen toon dus die regte besluit
Wys jy is n leier met rugraat

annie ·

Dr Zweli… aai… wat sal ons sonder hom doen? Die man glo ook ons is verlore sonder hom… onaantasbaar soos Zuma en Ace en… CR is skynbaar self bang om hom aan te spreek en sal hom eerder gaan spreek. Zweli ons eie-eie Orakel in Delphi.

Kompas ·

Inenting is die enigste antwoord, maar dit vorder te stadig. Dele van Amerika dra nie eers meer maskers nie., omdat meeste al gevaksineer is.

Oom Hennie Pennie ·

1+1=8, ag ek kan nie meer tel nie want die “Digital Vibes” calculator wil nie lekker werk nie. As jy verdink word van korrupsie, hoe kan die syfers vertrou word??

Jan ·

Volgens analises deur die gesaghebbende Panda word die infeksies nou hoofsaaklik deur die “beheermaatreëls” gedryf. Die maatreëls is hoeka al beskryf as meer as dertigmaal meer skadelik as die virus.

MakersMark ·

Ja sure…..hoe kan dra van maskers en afstandhouding die “verdpreiding dryf” ? Spul snert.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.