Covid-19-statistieke: Meer as 6 miljoen nou ingeënt

Meer as ses miljoen Suid-Afrikaners is reeds teen Covid-19 ingeënt. (Foto: Justin Tallis/AFP)

Suid-Afrika het nou 2 342 330 bevestigde gevalle van Covid-19 nadat nog 14 858 nuwe gevalle bevestig is.

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) sê daar is in hierdie stadium 163 885 aktiewe gevalle van die virus. Altesame 2 109 820 mense het reeds van die virus herstel.

Nog 433 bykomende sterftes is bevestig wat die algehele syfer op 68 625 te staan bring.

Byna 56 000 toetse vir Covid-19 is sedert die vorige verslag gedoen en die positiwiteitskoers is 26,5%.

Nuwe gevalle in Gauteng is stadigaan besig om te taan. Nietemin is die meeste gevalle steeds in dié provinsie aangemeld. Gauteng het tans 34% van nuwe gevalle, gevolg deur die Wes-Kaap (22%), KwaZulu-Natal (11%), Limpopo en Noordwes (8% elk), Mpumalanga (6%), die Oos-Kaap (5%), Vrystaat 4% en die Noord-Kaap (3%).

Die getal nuwe gevalle (14 885) is laer as ʼn dag tevore (16 240), maar weer hoër as die gemiddelde getal nuwe gevalle oor die vorige sewe dae. Die sewe dag- gemiddeld van gevalle is ook laer.

Nog 720 nuwe pasiënte is weens Covid-19 in hospitale landwyd opgeneem.

Volgens die departement van gesondheid is 238 020 mense Donderdag teen Covid-19 ingeënt. Suid-Afrika het nou die sesmiljoenkerf verbygesteek en die jongste syfer staan op 6 085 108.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Danie ·

Covid19? Ek wil vandag n beroep doen op alle Suid Afrikaners. Mense hou op met die negatiewekommentaar oor die Covid 19 en die vaccine. Ons land is al klaar so verdeeld en nou verdeel ons nog meer. Covid19 is hier, is n werklikheid en die wetenskaplikkes en medisie probeer hul bes om ons te beskerm maar nou kom daar dokters wat nonsens praat in plaas daarvan om sy mede kollegas te help om n beter vaccine te ontwerp. Nou saai hulle vrees. Praat nie eens van pastore, predikante. Herders wat mekaar uitmekaar skeur wat hulle kudde vrees injaag met al die stories van jy gaan hel toe ensovoorts. Herders is veronderstel om hul kuddes bymekaar te hou en na hulle te kyk maar nou jaag hulle die kuddes uitmekaar. Mense vrees God en nie vir Covid19. Moenie op mense vertrou nie. Slaan jou oe op na Die Lewende God. Dit is al wat ek se.

Josua ·

Danie ek wil gou iets aan jou noem, jy sê dat daar dokters is wat nonsens praat oor covid maw jy glo net die dokters wat jou vertel wat jy wil hoor maar vergeet dat die dokters wat nonsens praat ook jare op universiteit gestudeur het maar skielik niks weet nie!!! Ek wil jou nie aanval nie maar ek dink jy is te bang om navorsing te doen om self te bepaal of die dokters wel n punt beet het of nie, sosiale media blokeer juis die dokters uit en word glad nie n kans gegun om hul opinie en navorsing bekend te stel nie waarom???? Onthou dit, hulle almal het n gedragskode aanvaar dat hulle alles in hul vermoe sal doen om mense se gesondheid te beskerm, dit is juis mense wat nie verdere navorsing of na opinies wil luister nie wat deur die media geteiken word en sodoende hul agendas te help verspry onthou dit altyd.

Danie ·

@Josua, wat is die navorsing wat die gewone publiek regtig kan doen. In alle eerlikheid kan ons meestal net lees van ander se opinies op Facebook en WhattsApp. Ek glo vir geen oomblik dat jy enige navorsing sentrum bebel het en mediese data by hulle gekry het om te annaliseer omdat jy nie die eeste ding sal verstaan wat daar staan nie. Ek sal graag die navorsing sien waarvan jy praat?

Rian ·

Daar is natuurlik ook kwaksalwers, en ons almal weet wat hulle standpunt is.

Gerhard ·

Dankie, ek stem saam met jou. Dis vir my baie vreemd dat dominees en pastore sulke verskillende opinies het. Die een glo dat die inenting van die hel af is en dat almal wat dit neem tot die ewigheid verdoem word. Die ander glo dat die navorsers probeer om die mensdom te help en ons Vader werk deur hulle om mense gesond te hou. Ek het albei opinies van beide doinees en pastore gehoor. Dit veroorsaak net verwarring en nou baklei ons almal met mekaar want daar is mos net twee maniere. My manier of die verkeerde manier.

Leeuwyfie ·

‘n Pastoor en dominee mag hul eie opinies hê, maar indien hul opinies nie duidelik in die Bybel uitgesit is nie, moet hulle liefs nie hul opinies preek nie.
Alhoewel ek op hierdie stadium teen die spuit is, sal ek nooit enige iemand verdoem oor hulle vir dit is nie. My opinie is dat daar nie genoeg bewyse is wat hierdie spuit as veilig wys nie. Ek het tussen twee welbekende interniste gesit. Die een was vir dit die een teen. Ek het na altwee hul redenasies geluister en net besef hoekom daar soveel teenstrydighede is .. daar bestaan nie genoeg data om die effektiwiteit te bewys nie.
Inteendeel. So ek wag dat daar antwoorde kom vir my vrae voor ek dit sal vat. Maar diegene wat mense verdoem wat dit weier is net so sleg soos diegene wat mense verdoem wat dit wel neem.

MakersMark ·

Ek sal my glad nie steur wat dominee, pastoor, priester of skrifgeleerde te sê het oor vaksienes nie behalwe as hul ook as mediese dokters gekwalifiseer het. Die konnotasie dat inentings “sonde is” is ‘n spul snert en gebore uit dieselfde bygelowe wat in die middeleeue oorheers het en waar die kerk mense met vrees laat glo het wat hul sê. Ek sien nie gebruik van vaksienes as verbode in die tien gebooie nie.

VaalDonkie ·

Snaaks genoeg is dit die dominees wat voor in die koor staan om ons te vertel om die inspuiting te neem.

Baardman ·

As my somme reg is beteken dit dat slegs 0,27% van ons bevolking tans aktief covid onder lede het. Ek kan nie glo dat ons hospitale nie kapasiteit het om covid pasiente te akkommodeer nie. (boonop is nie al die aktiewe gevalle in die hospitaal nie). Daarom is dit vir my verstommend dat ons nog so erg ingeperk word.

Gerhard ·

EK dink mense moet eerder fisies kyk wat by hospitale aangaan of met die personeel praat as hulle wil besluit oor wat in ons hospitale aangaan. Plekke soos midstream, PTA -Oos en n paar ander privaat hospitale loop oor van covid pasiente so erg dat pasiente drips in hul karre ontavg want daar was eenvoudig nie plek vir hulle in die hospitaal nie. Ek het dit nie in die nuus gelees nie. Direkte famile van my werk by PTA-Oos en ZAH.

Truth2bfree ·

Maar instede daarvan om miljoene te gemors het op TERS en feit dat 10% meer van bevolking hul werk verloor het agv lockdowns, kon hul fondse spandeer het op hospitaal geriewe en werk gegee het aan talle opgelede mediese personeel wat wag om geplaas te word by hospitale. Covid is die nuwe griep. Hoe meer mense te kry en natuurlike immuniteit opbou, hoe beter.

VaalDonkie ·

Dis nou al dag 500 van “three weeks to flatten the curve”. En nog geen twee stene is opmekaargepak vir ‘n nuwe hospitaal of vleuel nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.