Altesaam 1 510 778 mense in Suid-Afrika het nou reeds Covid-19 opgedoen nadat nog 1 654 pasiënte in die afgelope siklus van 24 uur positief getoets het.
Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Vrydagaand in sy gebruiklike verklaring gesê nog 117 pasiënte het intussen weens Covid-19 gesterf. Dié sterftes is onderskeidelik in Gauteng (59), die Oos-Kaap (4), KwaZulu-Natal (13), Limpopo (4), Mpumalanga (8), Noord-Kaap (12) en die Wes-Kaap (17) aangemeld.
Dít bring die land se dodetal op 49 784 te staan.
Volgens Mkhize het 1 426 417 pasiënte in Suid-Afrika egter reeds van die koronavirus herstel, met ʼn herstelkoers van 94%.
Altesaam 63 648 gesondheidswerkers is teen Vrydag vroegaand reeds ingeënt teen Covid-19.
Sterftes en mense wat herstel het:
Provinsie | Sterftes | Herstel | Aktiewe gevalle |
Oos-Kaap | 11 280 | 182 166 | 397 |
Vrystaat | 3 220 | 70 117 | 6 569 |
Gauteng | 9 620 | 390 428 | 3 937 |
KwaZulu-Natal | 9 562 | 309 192 | 9 742 |
Limpopo | 1 866 | 58 857 | 1 119 |
Mpumalanga | 1 259 | 68 280 | 1 284 |
Noordwes | 1 167 | 56 713 | 2 872 |
Noord-Kaap | 678 | 30 841 | 2 373 |
Wes-Kaap | 11 132 | 259 823 | 6 284 |
Totaal | 49 784 | 1 426 417 | 34 577 |



O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
8 Kommentare
….. ai ai ai …… dit laat die anc se teiken verminder na 59 937 000 ……. voor die einde van die jaar ?
Gaan wit mense ook ingeënt word? Ek vra maar net. Daars deesdae mos maar 2 stelle reëls vir amper alles in die anti-wit SA, met die meer drakoniese stel reëls altyd vir wit mense
Goeie nuus is dat ek nie newe efekte van die entstof gaan kry nie . Sal doodgaan van ouderdom voor dit my beurt gaan wees om ingeent te word
Rerig ou Mkhize. SA populasie 2021 is 60,041,994. Hou op spog, en se weer vir ons waaneer 60,041,993 ingeent is.
63 ooo uit n totaal van 58 miljoen is nou nie juis iets om op trots te wees nie