Covid-19-statistieke: Meer as 7 000 nuwe gevalle

koronavirus koorspen

Argieffoto ter illustrasie (Foto: Unsplash)

Altesaam 7 210 nuwe bevestigde gevalle van die nuwe koronavirus is in die afgelope 24-uursiklus in Suid-Afrika aangemeld. Dit bring die algehele getal Covid-19-gevalle in die land op 131 800 te staan.

Zweli Mkhize, die minister van gesondheid, het Saterdagaand die jongste Covid-19-statistieke vir Suid-Afrika bekendgemaak.

Volgens Mkhize is nog 73 Covid-19-verwante sterftes in die tydperk aangemeld. Dié sterftes is onderskeidelik in KwaZulu-Natal (3), die Oos-Kaap (13), Gauteng (17) en die Wes-Kaap (40) aangemeld.

Altesaam 2 413 pasiënte het nou reeds weens die virus omgekom, met ʼn sterftekoers van 1,8%.

Altesaam 67 094 pasiënte het egter in dié stadium reeds herstel, met ʼn herstelkoers van 50,9%.

Volgens Mkhize is 1 529 009 toetse tot op hede uitgevoer waarvan meer as die helfte ( 51%) in die private sektor gedoen is.

Die Wes-Kaap het steeds die meeste bevestigde gevalle van Covid-19 tot op hede aangemeld (59 315) gevolg deur Gauteng (34 285) en die Oos-Kaap met 23 658 bevestigde gevalle.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieGevallePersentasie
Oos-Kaap23 65817,9
Vrystaat1 1600,9
Gauteng34 28526,0
KwaZulu-Natal7 7865,9
Limpopo8620,7
Mpumalanga9250,7
Noordwes3 4542,6
Noord-Kaap3550,3
Wes-Kaap59 31545,0
Onbekend00
Totaal131 800100

Sterftes en mense wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstel
Oos-Kaap38412 192
Vrystaat9356
Gauteng1667 712
KwaZulu-Natal1093 417
Limpopo5387
Mpumalanga2239
Noordwes5433
Noord-Kaap1186
Wes-Kaap1 73242 172
Totaal2 41367 094

Ouderdomme:

OuderdomSterftesPersentasie
0-930,1
10-1960,2
20-29351,4
30-391385,8
40-4930512,7
50-5958224,2
60-6963926,6
70-7942917,7
80-892058,4
90-99552,3
100-10910,0
Onbekend150,6
Totaal2 413100

 Geslag:

Mans (%)Vroue (%)OnbekendTotaal
262 (52,3%)1 149 (47,5%)2 (0,1)2 413

Wil jy op die hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Raadslid ·

Steeds doen die privaat sektor met baie minder toetsbeamtes die meeste toetse. Net nog ‘n bewys van die staat se onproduktiwiteit.

Prikkie ·

Dit sal eers begin beter gaan met hierdie pandemie wanneer mense die virus ernstig begin opneem.

Daar is te veel mense wat hulle net nie aan die gevaar van die virus steur nie en dit is grootliks te wyte aan oningeligtheid.

Hou op met padblokkades en soldate wat doelloos in die strate ronddrentel en gebruik daardie mense om in woonbuute in te gaan en seker te maak dat ALMAL verstaan wat hulle kan doen om die besmetting te verhoed. Lig ook daardie mense wat nie kan lees nie in.

Dit sal ‘n goeie begin wees.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.