Covid-19-statistieke: Meer as 7 000 reeds gesterf

(Foto: Unsplash)

Altesaam 7 096 nuwe bevestigde gevalle van die nuwe koronavirus is in die afgelope 24-uur‑siklus in Suid-Afrika aangemeld. Dit bring die algehele getal Covid-19-gevalle in die land op 452 529 te staan.

Só het dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, Maandagaand aangekondig toe hy die jongste Covid-19-statistieke vir die land bekendgemaak het.

Nog 298 Covid-19-verwante sterftes is in Suid-Afrika bevestig, wat die landwye totaal op 7 069 te staan bring.

Altesaam 77 van die sterftes is in die Oos-Kaap aangemeld, gevolg deur 91 in die Vrystaat, 61 in Gauteng, 36 in die Wes-Kaap, 13 in Mpumalanga, 11 in Noordwes en nege in KwaZulu-Natal.

Altesaam 274 925 pasiënte het in dié stadium reeds herstel, met ʼn herstelkoers van 61%.

Meer as 28 433 toetse uit die 2 802 211 wat reeds gedoen is, is in die afgelope 24-uur‑siklus gedoen. Altesaam 1 587 780 toetse is in die private sektor gedoen, wat meer as die helfte (57%) van die toetse uitmaak. ʼn Totaal van 1 214 431 toetse is in die openbare sektor gedoen.

Provinsiale statistieke:

Wes-Kaap: 92 600
Oos-Kaap: 74 231
Gauteng: 162 319
KwaZulu-Natal: 65 982
Vrystaat: 17 222
Noordwes: 17 604
Limpopo: 7 260
Mpumalanga: 11 386
Noord-Kaap: 3 875

Wil jy op die hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

3 Kommentare

jongste oudste gewildste
Genis

Ek is nie oortuig dat die statestieke akuraat is nie…ek mag verkeerd wees

Maria

83% van die covid gevalle in die Weskaap is reeds gesond en .04% van hierdie groep het gesterf as mens die Weskaap se syfers kan glo. . Dit beteken die trajek neem af en die geprojekteerde sterftesyfer landwyd sal nader aan 10 tot 20 000 mense wees, nie 400 000 soos voorspel nie. Dalk is my wiskunde gebrekkig. Liewe bang Jan as Dooi Jan, wees veilig