Covid-19-statistieke: Meer as 700 sterftes nou in SA bevestig.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, en Alan Winde, premier van die Wes-Kaap. (Foto: Facebook)

Suid-Afrika het 705 bevestigde Covid-19-sterftes, ʼn styging van 22 sedert die minister van gesondheid, dr. Zweli Mkhize, die syfers ʼn dag gelede bekend gemaak het.

Al die sterftes is in die Wes-Kaap waar die dodetal weens Covid-19 nou op 525 staan.

Die getal bevestigde Covid-19-gevalle landwyd staan op 34 357 en 17 291 (50%) mense het reeds van die virussiekte herstel.

ProvinsieSterftesHerstel
Oos-Kaap822 123
Vrystaat8123
Gauteng332 060
KwaZulu-Natal521 248
Limpopo3144
Mpumalanga086
Noordwes145
Noord-Kaap131
Wes-Kaap52511 431
Totaal70517 291

Tot dusver is 742 742 toetse verwerk en 17 617 toetse is gedoen sedert die vorige dag se syfers bekend gemaak is.

SektorToetse gedoenNuwe toetse
Privaat368 2009 026
Staat374 5428 591
Totaal742 74217 617

Mkhize was Maandag in die Wes-Kaap as deel van ʼn oorsigbesoek aan die provinsie. Hy het onder andere met die premier, Alan Winde, vergader.

Winde sê die provinsie het besonderhede oor sy voorbereiding vir die verwagte Covid-19-spits aan die minister verduidelik, asook oor die Wes-Kaap se strategie om sogenaamde brandpunte te hanteer.

Benewens die brandpunte wat die nasionale departement van gesondheid geïdentifiseer het, het die Wes-Kaap self verlede week ses koronavirus-brandpunte in die metrogebied uitgewys. Die stad het toe gesê brandpunte is gebiede waar daar vasgestel is gemeenskapsoordrag vind plaas en waar daar ʼn hoë voorkoms van gevalle is.

Mkhize het onder meer ʼn tydelike veldhospitaal met 850 beddens by die Kaapstadse konvensiesentrum besoek. Die hospitaal sal aanstaande week gereed wees om die eerste pasiënte te ontvang.

 

 

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

10 Kommentare

jongste oudste gewildste
Stebastiaan

Soos dit vir my lyk is dit ‘n groot lieg storie wat die regering versprei. Mense wat nou sterf van vigs, TB, en hart en long siektes ens. Word nou aangeteken as covid 19.

JohanR

Kan iemand vir my\ons se hoe die Ministers van die KGB, skuus die NCCC, oor die weg kom? Vlieg hulle, loop hulle, gaan hulle per vlietuig, per helicopter, taxi? Dan is ‘n Minister daar, dan is ‘n minister hier, en weer more daar. Ek vermoed hulle ry met weermag vliegtuie. Soe ver ek weet vlieg SAA, Mango, Safair, Kulula, BA glad nie op die oomblik nie, of dit was die geval in Vlak 4. Hoeveel kos dit nie om die klomp NCCC Ministers rond te rits in die tyd van Covid-19?

Anel

Ek sal graag wil weet hoeveel van die wat positief getoets is lê in die hospitaal? En hieveel is aan ventilators gekoppel?

Duon

Gee bietjie vir ons die totale toetse per provinsie wat al gedoen is.

Hendrik

Al wat hierdie statistieke vir my se is dat daar meer toetse in weskaap plaasvind as in die res van die land. Die DA pribeer hul marble polish maar maak gekke van hulself jul trek net aandag op die weskaap. Die ANC lag vir julle en gaan julle nog terug sit op vlak 5