Suid-Afrika het 712 nuwe Covid-19-sterftes bevestig, wat die algehele sterftesyfer weens Covid-19 nou op 35 852 te staan bring.
Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, sê 97 bykomende sterftes is in die Oos-Kaap aangemeld, 21 in die Vrystaat, 114 in Gauteng, 232 in KwaZulu-Natal, 11 in Limpopo, 10 in Mpumalanga, 50 in Noordwes en 162 in die Wes-Kaap.
Altesaam 74 830 nuwe Covid-19-toetse is sedert die vorige verslag gedoen en meer as 7,4 miljoen sedert die uitbreking van die pandemie.
Uit die altesaam 1 296 806 mense wat reeds positief vir die virus getoets het, het 1 049 740 reeds herstel, ʼn koers van 80,9%.
Só lyk aktiewe gevalle:
Oos-Kaap: 7 018
Vrystaat: 9 404
Gauteng: 49 162
KwaZulu-Natal: 67 583
Limpopo: 10 952
Mpumalanga: 9 720
Noordwes: 12 559
Noord-Kaap: 3 883
Wes-Kaap: 40 933
Totaal: 211 214
Plaas dat hy provinsies sluit sluit hy kerke. Noordwes was so min kyk nou mooi Ramp