Covid-19-statistieke: Meer as 700 sterftes

(Argieffoto: Vincent Thian/AP)

Suid-Afrika het 712 nuwe Covid-19-sterftes bevestig, wat die algehele sterftesyfer weens Covid-19 nou op 35 852 te staan bring.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, sê 97 bykomende sterftes is in die Oos-Kaap aangemeld, 21 in die Vrystaat, 114 in Gauteng, 232 in KwaZulu-Natal, 11 in Limpopo, 10 in Mpumalanga, 50 in Noordwes en 162 in die Wes-Kaap.

Altesaam 74 830 nuwe Covid-19-toetse is sedert die vorige verslag gedoen en meer as 7,4 miljoen sedert die uitbreking van die pandemie.

Uit die altesaam 1 296 806 mense wat reeds positief vir die virus getoets het, het 1 049 740 reeds herstel, ʼn koers van 80,9%.

Só lyk aktiewe gevalle:

Oos-Kaap:           7 018

Vrystaat:             9 404

Gauteng:             49 162

KwaZulu-Natal:  67 583

Limpopo:            10 952

Mpumalanga:    9 720

Noordwes:         12 559

Noord-Kaap:      3 883

Wes-Kaap:          40 933

Totaal:                 211 214

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Cherry ·

Plaas dat hy provinsies sluit sluit hy kerke. Noordwes was so min kyk nou mooi Ramp

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.