Die getal bevestigde gevalle in die land staan nou op 76 334 – ’n toename van 2 801 in 24 uur.
Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Dinsdagaand in sy jongste verklaring gesê nog 57 Covid-19-verwante sterftes is in dié tyd aangemeld, waarvan 44 in die Wes-Kaap, nege in die Oos-Kaap en vier in KwaZulu-Natal is.
Die land se dodetal staan nou op 1 625. Altesaam 1 200 van dié sterftes is tot op hede in die Wes-Kaap aangemeld. Meer as 45 000 pasiënte het reeds in dié provinsie positief getoets vir die nuwe koronavirus.
Altesaam 42 063 (55%) pasiënte in die land het egter reeds van die virus herstel.
So lyk die gevalle per provinsie:
Provinsie | Gevalle | Sterftes |
Oos-Kaap | 11 039 | 245 |
Vrystaat | 578 | 9 |
Gauteng | 13 023 | 87 |
KwaZulu-Natal | 4 048 | 73 |
Limpopo | 391 | 4 |
Mpumalanga | 343 | 1 |
Noordwes | 1 281 | 5 |
Noord-Kaap | 211 | 1 |
Wes-Kaap | 45 357 | 1 200 |
Onbekend | 63 | 0 |



Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
11 Kommentare
Hoe kan mens die glo daar is net 9 Provinsies maar ek sien daar nou nog een by onbekent. Ek vra san weer hoe kan mens dit vertrou.En wonderbaarlik sterf baie minder aan longonsteking of griep of ander siektes?? Snaaks ne dit van n regering wat gese het hulle is reg ja reg om geld te skep as jy my vra nee wat ek dink nogsteeds die ding meer gemik op magspel en geldmaak as enige iets anders
Dit gaan goed in die onbekend provinsie. Wonder hoe lyk sy begroting?
Ek sap nou eers. Die onbende provinse moet Oranje wees. Hou dit so!!
Is daar al ‘n toets vir korrupsie ? Die toestel sal sekerlik aan die brand slaan . Een vet klug om die wereld af en aan te skakel , oor en oor . Dis die waarheid .
Nou wonder ek of al daar 76000 mense nou siek en in die hospitaal is of het hulle dalk net ‘n koors of hoofpyn of enige ander verkoue en griep simptome. En kry die mense nie hierdie jaar verkoue of griep of mangelontsteking of enige ander siekte nie. Want dan is ons in werklikheid baie gesond. Ek raak nou keelvol dat my koors deur enige een geneem kan word. Ek voel my waardigheid word aan getas. Die persoon is niks medies opgelei nie en na my mening het enige mediese toestand niks met enige iemand anders as jou dokter iets… Lees meer »