Covid-19-statistieke: Meer as 8 000 nuwe gevalle in SA aangemeld

Argieffoto ter illustasie (Foto: Kelly Sikkema/Unsplash)

Nog 8 124 mense in Suid-Afrika het die afgelope 24 uur positief getoets vir die nuwe koronavirus. Altesaam 159 333 bevestigde gevalle van Covid-19 is nou reeds in die land aangemeld.

Zweli Mkhize, die minister van gesondheid, het die jongste statistieke rakende Covid-19 Woensdagaand bekendgemaak.

Volgens Mkhize het nog 92 pasiënte intussen weens die virus omgekom. Die sterftes is in die Oos-Kaap (17), Gauteng (28), KwaZulu-Natal (10) en die Wes-Kaap (37) aangemeld.

Dit bring die dodetal op 2 749 te staan, met ʼn sterftekoers van 1,7%.

Volgens Mkhize het 76 025 pasiënte egter reeds herstel. Dít dui op ʼn herstelkoers van 47,7%.

Altesaam 1 666 939 toetse is tot op hede uitgevoer waarvan meer as die helfte (52%) in die private sektor gedoen is.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieGevallePersentasie
Oos-Kaap29 34018,4
Vrystaat1 6721,0
Gauteng45 94428,8
KwaZulu-Natal10 6326,7
Limpopo1 1750,7
Mpumalanga1 3060,8
Noordwes4 3932,8
Noord-Kaap4940,3
Wes-Kaap64 37740,4
Onbekend00
Totaal159 333100

Sterftes en persone wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstel
Oos-Kaap43914 384
Vrystaat9386
Gauteng24410 534
KwaZulu-Natal1363 770
Limpopo10520
Mpumalanga7487
Noordwes7802
Noord-Kaap1204
Wes-Kaap1 89644 938
Totaal2 74976 025

Ouderdomme:

OuderdomSterftesPersentasie
0-930,1%
10-1970,2%
20-29431,6%
30-391646%
40-4933912,3%
50-5965223,7%
60-6971726,1%
70-7949217,9%
80-892468,9%
90-99652,4%
Onbekend210,8%
Totaal2 749100%

 Geslag:

Mans (%)Vroue (%)OnbekendTotaal
1 444 (52,5%)1 301 (47,3%)4 (0,2%)2 749

 

Wil jy op die hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Jan ·

Interessant wat deesdae nuuswaardig is en hoe maklik die media perspektief ignoreer ter wille van sensasie. Waarom verskyn geen berigte oor die 172 daaglikse sterftes aan tuberkulose nie? En 100 sterftes per dag aan seisoenale griep in die winter is ook niks ongewoon nie.

gehasie ·

Wie beheer diè statestieke? Baie mense gaan dood met Covert en nie agv Covert nie. Vals positief is ook aan die orde vd dag. Risiko moet beheer en bestuur word en tans is die ekonomie ons preoriteit! C-19 het ‘n politieke speelbal geraak tot totale vernietiging van die bietjie ekonomie wat oor is.

Pandora ·

Dra ongelukkig geen kennis van Covert nie.

Weliswaar is die virus ter sprake genoem SARS-CoV-2 (severe acute respiratory syndrome coronavirus 2) wat die corona virus siekte COVID-19 veroorsaak wat almal in leketerm gebruik om die virus en die siekte te beskryf.

Groetnis

Kobus ·

Hoeveel van die 8000 gevalle het hulle nou eers die resultate voor gekry, dis mense wat al dae terug getoets is….

Dries ·

Wat n groot klug jy Kan hulle nie glo nie alles van 1994 af is n klug en vals

Kobus ·

Interessant hoe jy die eerste is wat kommentaar lewer op iets wat na jou mening nie nuuswaardig is, net sensasie. Die virus het die neiging om mense verkeerd te bewys, vra maar vir Boris Johnson en die Pres van Brasilie wat na die virus as ” just a cold” verwys het of Trump wat geseg het dat die virus teen Paasnaweek sou oorgewaai het, gaan kyk wat tans daar gebeur (of miskien is dit ook net sensasie)? Vir beide TB en griep is daar n mate van behandeling, vir die virus is daar niks. Die artikels van die nood in verskeie hospitale, tekorte, berigte van dokters/ verpleegsters ens., Is dit wat jy as blote sensasie beskou? Ek is seker die mense wat geliefdes verloor het en nog gaan verloor sal van jou verskil.

LekkerOuJan ·

Stem saam, ongelukkig is daar baie mense met hulle koppe in die sand en dink hulle dit gebeur net met ander mense. Niemand ontken dat ander siektes ook mense doodmaak nie, maar daar is behandeling vir dit. Hulle gaan ongelukkig nog wreed ontnugter word. Ek is bewus van mense met die siekte en dit is nie ‘n grap nie.

Lizelle ·

Stem saam. Los maar. Dit gaan nie help nie. Elkeen hier het maar sy eie opinie. Sorg maar net dat ek en my gesin die regte ding doen en die regte attitude het. Ek glo ons sal daarin geseend wees. Dit is wat immers van ons verwag word. Ons moet gehoorsaam wees aan ons landswette die Bybel sê so en alle ongehoorsaamheid is sonde.

marius ·

Vertel nou weer vir ons waar presies kom die ding vandaan , en hoe gaan hy weer terug ?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.