Nóg 8 319 pasiënte in die land het in die afgelope siklus van 24 uur positief getoets vir die koronavirus. Altesaam 845 083 mense in Suid-Afrika het nou reeds Covid-19 opgedoen sedert die virus vroeg vanjaar uitgebreek het.
Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Vrydagaand in sy gebruiklike verklaring gesê nog 205 pasiënte het intussen weens Covid-19 gesterf. Dié sterftes is onderskeidelik in die Oos-Kaap (96), die Vrystaat (10), Gauteng (20), KwaZulu-Natal (20), Limpopo (2), Noord-Kaap (15) en die Wes-Kaap (42) aangemeld.
Dít bring die land se dodetal op 22 952 te staan.
Volgens Mkhize het 758 373 pasiënte in Suid-Afrika egter reeds van die koronavirus herstel.
Nog 44 074 toetse is intussen uitgevoer. Die land het nou reeds 5 779 544 toetse sedert die uitbreek van die virus gedoen. Die meeste van die toetse is in die privaat sektor uitgevoer.
Sterftes en mense wat herstel het:
Provinsie | Sterftes | Herstel |
Oos-Kaap | 5 302 | 126 748 |
Vrystaat | 2 053 | 53 068 |
Gauteng | 5 097 | 230 121 |
KwaZulu-Natal | 3 443 | 119 979 |
Limpopo | 514 | 18 085 |
Mpumalanga | 617 | 30 868 |
Noordwes | 566 | 33 918 |
Noord-Kaap | 348 | 21 086 |
Wes-Kaap | 5 012 | 124 500 |
Totaal | 22 952 | 758 373 |
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
14 Kommentare
Ek slaap gerus…HOCl…soek en jy sal vind, peace of mind is sooooo voor die hand ligend!
Mense het nie ore nie, nou dra ons almal die gevolge…
Bietjie perspektief hier. Daar word nou baie meer toetse gedoen as sowat ‘n maand terug. Die aantal toetse wat nou daagliks gedoen word, korreleer met die aantal toetse gedoen tydens die vorige piek periode. As ek reg onthou was die aantal daaglikse positiewe gevalle tydens die piek om en by 14000 so ons is tans ‘n hele entjie daarvan af. Gedurende die afswaaifase is minder as 20000 daaglikse toetse gedoen maar die postiewe gevalle was toe steeds ongeveer 2000 per dag (wat basies 4000 kon wees as dieselfde aantal toetse gedoen is as tydens die piek). So tans is die… Lees meer »
Kan Gauteng se sterftesyfer korrek wees? Dis amper helte minder persentasiegewys (in verhouding met positiewe gevalle) as Wes-Kaap en Oos-Kaap. Maak nie sin vir my nie.
Statestieke in ons land beteken niks nie. P