Covid-19-statistieke: Meer as 8 miljoen al ingeënt

(Foto: Unsplash)

Meer as 8 miljoen (8 182 380) mense in Suid-Afrika is nou reeds teen Covid-19 ingeënt nadat nog 185 949 dosisse in die laaste siklus van 24 uur toegedien is.

Nog 13 263 pasiënte het intussen positief getoets vir dié virus.

Volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) verteenwoordig die jongste toename in gevalle ’n positiwiteitskoers van 22,3%, terwyl nog 423 sterftes intussen aangemeld is. Dit bring die land se dodetal op 73 415 te staan.

Minstens 2 484 009 mense in Suid-Afrika het nou reeds Covid-19 opgedoen.

Daar is tans 151 991 aktiewe gevalle van Covid-19 in Suid-Afrika en tot dusver het 2 258 603 mense van die virus herstel.

Die Wes-Kaap is in dié stadium verantwoordelik vir die meerderheid nuwe gevalle (27%), gevolg deur Gauteng (22%) en KwaZulu-Natal (18%).

Die Oos-Kaap het op sy beurt 8% van nuwe gevalle aangemeld en Mpumalanga 7%. Noordwes is in dié stadium verantwoordelik vir 6% van nuwe gevalle, terwyl die Vrystaat en Limpopo elk 4% van nuwe gevalle aangemeld het. Die Noord-Kaap is tans verantwoordelik vir 3% van nuwe gevalle.

ProvinsieNuwe gevalle op 4 Augustus 2021Totale gevalle tot en met 4 Augustus 2021
Oos-Kaap1 088231 119
Vrystaat596130 775
Gauteng2 927869 684
KwaZulu-Natal2 408402 438
Limpopo587112 919
Mpumalanga922127 799
Noordwes806130 141
Noord-Kaap34268 582
Wes-Kaap3 587410 552
Totaal13 2632 484 009

Nog 533 Covid-19-pasiënte is intussen in ’n hospitaal in Suid-Afrika opgeneem. Dit beteken 15 629 mense word tans vir Covid-19 in hospitale landwyd behandel. Hiervan is 7 866 pasiënte in private hospitale en 7 763 mense in staatshospitale.



ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Pieter ·

Goeie nuus. Die Georgië gedenksteen se 10 gebooie dat net 15% van die wêreldbevolking moet oorbly om die klimaat en wêreld te red neem meer werklikheid aan.

Jeffrey ·

Indien daar wel so n teorie is, dan sal hulle natuurlike diegene met die hoogste intelek wil agterhou om n waardevolle bydrae tot die samelewing te maak of hoe? Nou hier is iets baie interessant en gaan lees hieroor na, die state in Amerika wat die traagste inentingskoers het is ook jou state waar meeste mense met n laer intelek woon, jou state waar mense heeltemal vir die inenting is, is nou weer jou state met n konsentrasie mense van n hoër intelek.

MakersMark ·

Dis ‘n nuwe sameswerings teorie. Is daar nog wat ons nie van weet nie. Lyk my daar is ‘n paar bevoorregtes met “inside info, nudge nudge, wink wink”.

Oom Kaspaas ·

Pieter dalk weet jy wie het regtig vir John F Kennedy geskiet ? :)

Madeleine ·

Gee gou d stats van hoeveel mense wat ingeeent is, het ook Covid gekry en gesterf asb

Thom ·

Dit is baie raar . Die inenting beskerm mens ongelukkig nie teen sterftes agv motorongelukke , selfdood , verdrinking ens nie .

Thom ·

In die VK is die entstowwe 94 % effektief en is hulle op die punt om na normale beweging terug te gaan .

Jeffrey ·

Darem nie so baie soos wat nie ingeent is nie, statistieke is volop beskikbaar op die internet. Ek is ingeent beide my bejaarde ouers, baie van ons vriende, my vrou en haar 50 plus kollegas van haar skool en sover is niemand van ons daaraan dood nie. Natuurlik gaan dit gebeur dat mense covid onwetend opgedoen ht voor hul ingeent word en dan daai enkele uitsonderings uit proporsie opblaas indien hul sou sterf, jy begin ongelukkig eers na 14 dae beskerming te geniet. Dit gaan my verstand te bowe hoe mense bang is vir die inenting se langtermyn newe effekte, maar hulle is bereid om medikasie te gebruik wat vir diere bedoel is of selfs die gevaar loop om covid op te doen wat langtermyn newe effekte mag hê. PS, my een kliënt en sy vrou wat groot ivermectin aanhangers en antivaxers was, is onlangs beide oorlede aan covid-19, wat baie hartseer is.

SwartBees ·

Baie dankie Jeffrey, jy stel dit baie goed. Ek kan net hoop dat mense soos Madeleine dit kan in neem en beter verstaan.

#proudlyvaccinated.

Drico ·

Dit sal nooit bekend gemaak word nie, want dan moet erken word dat die inenting glad nie so effektief is soos 90% van die groepsdruk die land wil wys maak nie. En sou daar wel iets genoem word daaroor sal daar ook gesê word dat die sterftes nie verwant is aan die inenting nie, maar wel aan onderliggende verwante siektes. Skynheilig!

Aikie ·

Ek dink julle verwag die onmoontlike van die medici. In gevalle waar iemand sterf van Covid nadat hy die inspuiting gekry het, hoe gaan vasgestel word of die persoon nie alreeds die virus opgetel het voordat hy die inspuiting gekry het nie. Covid het my geslaan twee dae na my eerste inspuiting, dus was ek al reeds geinfekteer voor ek my inspuiting gekry het.

Gerhard ·

@Aikie, stem saam. Die inenting neem omtrent twee weke voor dit effektief is. So as iemand sterf aan covid n week nadat hulle inenting gekry het is dit mos nou natuurlik die inenting se skuld.

Dirk Mostert ·

Onderliggende toestande speel geen rol wanneer jy positief toets of sterf nie.

piet ·

Hoe bedoel ons nou? As jy terminaal reeds siek is en dan covid (of enige ander ernstige siekte) ook kry (inenting of nie) gaan jy dit waarskynlik nie maak nie. Dis dan net ‘n kwessie van tyd, covid of nie.

Aikie ·

Ek dink die positiewe Covid gevalle is baie hoër as wat die statistieke wys. Ek neem myself as een so ‘n geval. Ek kan nie bekostig om die toets te laat doen nie en het wel die siekte gehad. In my geval was ek net so ongeveer’ n week in die bed en al wat ek oorgehou het was Covid vingers. Soos “chilblains” en baie pynlik en gevoelig. Ek dink daar is ‘n menigte gevalle wat nie asem nood gehad het nie en weer herstel het.

Dirk Mostert ·

Jy dink dis Covid-19 wat jy gehad het. Covid kry die skuld vir alle simptome waaroor in die verlede geen bohaai gemaak is nie.

Jack Russ1 ·

Doodreg, slegs 10% aktiewe gevalle in die hospitaal, indien die inenting nie gewerk het nie sou daar meer in die hospitaal beland het

Danie ·

Ek lees elke dag die negatiewe kommentaar wat almal spoeg. Almal weet beter en kan beter doen as wat die top dokters in die wereld. Nou is my vraag, as jy als rondom Covid weet, en en weet wat werk en nie werk nie, wat is gevaarlik en nie gevaarlik nie, hoekom nie n positiewe bydrae maak en jou kennis met die wereld deel nie. Maar nee, dis mos net te maklik om als en almal te kritiseer en self niks tafel toe bring. Asb mense, Google, Facebook en die storie wat jy by jou vriend gehoor het oor sy tannie se bure se niggie se man wat n dokter ken maak nie van jou n mediese kenner nie. Dit tel ook nie as die sogenaamde “navorsing” wat jy gedoen het nie.

A ·

@marius

Psalms 111:2

Die werke van die Here is groot; nagespeur word hulle deur almal wat daar ‘n welbehae in het.

Oom Kaspaas ·

Almal wat so vra hoeveel was ingeent …. Daar is ‘n verskil tussen geent en “Fully Vaccinated”. Jy is eers “Fully Vaccinated”14dae na jou tweede spuit, as jy die Pfizer gekry het, dit beteken dan is die beskerm eers optimaal, so as jy intussen tyd aangesteek het is dit nie die spuit se skuld nie.

marius ·

En vandag is ek aangese dat die stuk papier waarop daar geskribbel is nie gelamineer moet word nie . Daar is nog twee voor Desember . Dit kom reguit uit die dokter se mond wat die hele ding dryf .

Jack Russ1 ·

Ja, alle virusse muteer. Net soos jy nie nou vir ‘n griep inspuiting gaan en dan is jy reg vir die volgende 50 jaar nie.

Mense is gelukkig om elke jaar die griep inspuiting te vat, maar meer as 1 COVID inspuiting is blykbaar belaglik.

MakersMark ·

Gooi maar daai papier ver weg. Laat ons weet wie die dokter is wat die hele ding dryf dalk kan ons hom vra hoe om die twee voor Desember te ontduik. Wat dit ookal mag wees….

piet ·

Ja, dis ‘n belangrike punt. Die eerste spuit gee net sowat 40% beskerming wat redelik laag is (maar steeds beter as wat jy niks gekry het nie). Met Pfizer se tweede spuit gaan die beskerming op na omtrent 90%. Blykbaar is Pfizer (na volle inenting) en ander mRNA vaksienes gelukkig ook effekrief teen die variante van die virus alhoewel die effektiwitiet afneem na omtrent 75%/80% in daai geval. Dus steeds baie effektief.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.