Covid-19-statistieke: Meer as 80 000 sterftes nou bevestig

(Argieffoto: Unsplash)

Die getal nuwe Covid-19-gevalle – altesame 13 251 – is meer as dié van ʼn dag tevore (10 346) en het die algehele getal infeksies op 2 722 202 te staan gebring. Die getal nuwe gevalle is ook meer as die gemiddeld oor die vorige sewe dae (11 889).

Aktiewe gevalle staan tans op 167 488 en 2 474 245 mense het reeds van die virus herstel.

ʼn Bykomende 516 sterftes het die land oor die 80 000-kerf vir sterftes geskuif en tot dusver is 80 469 mense weens die siekte dood.

Meer as 66 000 nuwe toetse vir Covid-19 is gedoen en die positiwiteitskoers het toegeneem tot 20% van die 18,6% van ʼn dag tevore.

Nuwe toetse:

  • Private sektor: 30 917 (47%)
  • Openbare sektor: 35 327 (53%)

Die meeste nuwe gevalle is weer in KwaZulu-Natal (27%), gevolg deur die Wes-Kaap (25%), die Oos-Kaap (13%), Gauteng (10%), die Vrystaat (7%), Mpumalanga en die Noord-Kaap (5% elk), Noordwes (4%) en Limpopo (2%).

Nuwe gevalle per provinsie:

  • Oos-Kaap: 1 783
  • Vrystaat: 979
  • Gauteng: 1 317
  • KwaZulu-Natal: 3 627
  • Limpopo: 280
  • Mpumalanga: 637
  • Noordwes: 563
  • Noord-Kaap: 727
  • Wes-Kaap: 3 338
  • Totaal: 13 251

Nog 606 mense is in hospitale vir behandeling van Covid-19 opgeneem. In hierdie stadium word 6 593 mense in private hospitale vir die siekte behandel en 7 153 in staatshospitale. Dit is ʼn totaal van 13 746.

Maroela Media het vroeër berig Suid-Afrika kom al hoe nader aan die 300 000-kerf vir daaglikse inentings en 268 712 inentings is Woensdag gedoen. Tot dusver is meer as 11,3 miljoen mense teen Covid-19 ingeënt.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.