Covid-19-statistieke: Meer as 83 000 toetse gedoen

(Argieffoto: Unsplash)

Suid-Afrika het nou 3 231 031 bevestigde gevalle van Covid-19 nadat nog 26 976 mense positief vir die virus getoets het.

Altesame 2 949 209 mense het reeds herstel.

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) sê daar is tans 191 596 aktiewe gevalle landwyd.

Nog 54 sterftes is ook aangemeld wat die syfer op 90 226 te staan bring.

Meer as 83 000 toetse vir Covid-19 is sedert die vorige verslag gedoen. Byna 60% van alle toetse word in die private sektor gedoen.

Die positiwiteitskoers staan tans op 32,2% en die meeste nuwe gevalle is steeds in Gauteng (30%).

Nios sê syfers uit Gauteng dui in dié stadium op minder hospitaalopnames en sterftes in vergelyking met vorige vlae en hoewel die data nog ingesamel word, lyk dit of die huidige vlaag nie so ʼn kwaai infeksie veroorsaak nie.

Landwyd word 7 339 mense in hospitale vir Covid-19 behandel.

Nuwe gevalle in Gauteng word gevolg deur KwaZulu-Natal (22%), die Wes-Kaap (17%), die Oos-Kaap (8%), die Vrystaat (6%), Limpopo, Mpumalanga en Noordwes (5% elk) en die Noord-Kaap (2%).

Die positiwiteitskoers is laer as ʼn dag tevore (34,9%), terwyl die sewedaggemiddeld tans 28% is, effens hoër as die 27,2% waarop dit ʼn dag tevore gestaan het.

Woensdag is 96 535 dosisse van die entstof toegedien en 27 407 400 dosisse is sedert die aanvang van die land se inentingsprogram toegedien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Jeepie ·

Tragies. Nog 54 lewens verloor. My gedagtes is met die families en vriende.

Samuel ·

Al hierdie statistieke maak mens deurmekaar. Dit is tragies dat soveel mense sterf aan hierdie mensgemaakte virus. Bly veilig, SA’ners.

MakersMark ·

Wees so gaaf om die stelling ivm mensgemaakte virus te beaam met duidelike feite. Dink meeste sal dit wardeer.

MakersMark ·

Kom jy by. Bewys dit. Of is die weer facebook wetenskap.

Andre ·

Wees so gaaf om die virus te toon. Ek dink nog meer sal dit waardeer om te weet wie het al.

MakersMark ·

Hoe kan ‘n virus se “RNA sequencing” gedoen word as die virus nie geisoleer word nie ? Dink tog verder as die tuinhekkie.

Andre ·

Staan by die tuinhekkie en vertel ons wanneer word die “Show us the virus” hofsaak klaargemaak en nie net uitgestel nie.

MakersMark ·

Volg nie AV vervolgverhale op FB nie. Los dit vir die mentaliteit wat dit interessant vind. Volg wetenskap nie dronkpraatjies nie.

Jeepie ·

Ek sit ook en wag. Die hele wereld wil daai antwoord hoor. Samual. Seblief gee ons jou feite. Dit is van China. Maar mense gemaak? Nou ja.

MakersMark ·

Ongelukkig ‘n sekere mentaliteit oor die hele wêreld. Dis dié mense wat die meeste kla oor lockdowns en hul finansieele verliese maar die oplossing is reg voor hul. Weet beter maar spoeg en plak studeer indien enige. Maar hul wêreld raak al warmer dis hoekom hul al harder kerm.

Jeepie ·

Ja. Seker mens gemaak. As jy dink daai vriende van jou wat op Mars woon is mense. Maar dit is seker deel van die nuwe wereld orde. Lol. Ag nee man. Jou kommentaar het my so lekker laat lag. Dankie.

Stephen ·

Net jammer die regering is nie so bekommerd oor die moord syfers nie. Laas jaar geniddeld 58 mense per dag vermoor. Pas nie die narratief nie.

Marianna ·

Is hierdie sterftes van die ou Delta of Omicron? Ek is seker dis nog van die Delta.

Jeepie ·

Dit weet ons nie. Nog geen data oor dit gesien nie. Moontlik van beide. Dalk meer van die nuwe een gegewe die getalle die laaste twee weke.

VaalDonkie ·

Ou Jeepie, onthou hulle tel nog altyd daai ou toetse by wat hulle van “vergeet” het.

SwartBees ·

Dit sal ons nooit weet nie. Ons word mos behandel soos mushrooms…..keep them in the dark and feed them manure.

MakersMark ·

Dis al wat die AV’s verstaan. Enige iets meer as dit is is ‘n rak te hoog……

Andre ·

Dus is sowat vyf miljoen toetse al gedoen. Teen R500 per toets is dit ‘n aardige bedrag.

MakersMark ·

Wel tegnologie kos geld. Asook dis opgeleide mense wat die toetse uitvoer. Hul word salarisse betaal. In Europa is dit Euro 80 vir meeste laboratorium PCR toetse.

bobmartin ·

Volg net die geld en jy sal meeste van jou antwoorde kry.

Papsak ·

Ja hy is hand gemaak deur china en vrh gelaat om menze dood te maak so ver hy kan want hulle wil ons land oor vat jaag die ge.ors uit ons land uit

Jeepie ·

Ok. Ja. Stuur seblief jou navorsing. Die hele wereld wat vir dit.

MakersMark ·

AV’r conspiracy theory. Geen bewyse net st 2 wetenkap wat deurkom.

Andre ·

Vertel bietjie meer van Fauci se aandeel. Standerd 2 sal al vir jou kan wys die masker lappie is nutteloos.

MakersMark ·

Genuine – duidelik dis waar jou logika vashaak. Nog ‘n rakkie te hoog.

MakersMark ·

Wie glo hoofstroom media ? Wetenskap praat baie harder en duideliker as al die AV stories. Vir sommiges is dit ‘n vlak te hoog.

DJ ·

Voor Corona sou ons gesê het ons is grieperig of het verkoue. Nou word alles getoets en as Corona verklaar. Vandaar die hoë getalle. Hou op met gaan vir toetse.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.