Covid-19-statistieke: Meer as miljoen herstel reeds

(Argieffoto)

Suid-Afrika het nou meer as 1 259 000 bevestigde Covid-19-gevalle met 13 105 nuwe gevalle wat aangemeld is.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Dinsdagaand bevestig dat 1 259 748 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld is.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 34 334 nadat nog 755 sterftes aangemeld is: 134 in die Oos-Kaap, 26 in die Vrystaat, 225 in Gauteng, 218 in KwaZulu-Natal, 11 in Limpopo, 11 in Mpumalanga, twee in die Noord-Kaap en 128 in die Wes-Kaap.

Tot dusver het 1 019 123 mense reeds van die virus herstel, dit is ’n herstelkoers van 81%.

Suid-Afrika het tot dusver 7 287 060 toetse vir Covid-19 gedoen, 50 671 sedert die vorige verslag.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieGevallePersentasie
Oos-Kaap182 50714,5%
Vrystaat67 5815,4%
Gauteng341 46027,1%
KwaZulu-Natal259 10020,6%
Limpopo40 4543,2%
Mpumalanga47 5493,8%
Noordwes47 5813,8%
Noord-Kaap28 0902,2%
Wes-Kaap245 42619,5%
Totaal1 259 748100%

Sterftes en persone wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstelAktiewe gevalle
Oos-Kaap9 036166 0927 379
Vrystaat2 35156 4608 770
Gauteng6 395289 51745 548
KwaZulu-Natal5 497187 26666 337
Limpopo68828 94810 818
Mpumalanga72238 5268 301
Noordwes70735 74111 133
Noord-Kaap44723 8903 753
Wes-Kaap8 491192 68344 252
Totaal34 3341 019 123206 291

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Friedrich ·

Hoeveel mense wat reeds herstel het, het vir ‘n 2e keer Covid-19 gekry? As jy dit gehad het is jy net vir 3 maande “imuun” maar daarna kan jy dit vir ‘n 2e keer kry. Sal interessant wees om Daardie stats te sien.

Vals rumour is dat as jy dit eenkeer gehad is jy immuun daarteen.

Dirk Mostert ·

Hoekom word verwag geente immuniteit gaan langer duur as immuniteit gedurende siekte opgebou?

Ali ·

Dis lekker om so bietjie positiewe nuus ook nou en dan te ontvang.. Dit maak ‘n mens se dag net bietjie meer draagliker in so’ n tydperk van verdrukking..

Pieter ·

‘n Mens wonder hoeveel van die Covid-19 gevalle is self veroorsaakte longinfeksies agv die dra van onnatuurlike en ongesonde maskers. Jy hersirkuleer heeltyd jou eie vuil lug en besoedel jou longe. En dan kla ons oor lugbesoedeling. Dit is nou ‘n paradoks.

Danie ·

Twak storie. Al ons dokters en verpleegsters wat heeldag in die teaters werk, selfs voor C-19, sou dan permanent siek wees.

Pieter ·

My huisdokter stem met my saam. Hoekom het God ons sonder maskers geskape? Verder hang dit af van jou gesondheid hoelang jy so kan aanhou leef met ‘n masker. Dra maar jou masker, ek geniet die plattelandse onbesoedelde lug.

Danie ·

HY het ons ook sonder veiligheidsgordels geskape maar tog sit jy dit aan elke keer as jy in n kar klim vir jou eie veiligheid. HY het ons geskape met gesonde verstand om na ons self te kyk in verskillende situasies.

Tanniepetoors ·

Die statistieke is verbysterend onakkuraat of doelbewus misleidend. Gister was die herstelkoers net oor 72%, nou is dit skielik 81%. Hoe weet enigiemand hoeveel aktiewe gevalle daar werklik is? Duimsuig soos baie ander sogenaamde “statistieke” wat ons gevoer word deur ons onbevoegde regering

Dirk Mostert ·

Die covid-toets “road show” is tans op die N14. Verwag die “hot spots” sal die toetse ooswaarts volg a la “Die Samaritaan-preek” (Kooperasiestories). In Desember is ‘n glas Coca-Cola positief getoets ten aanskoue van die Oostenrykse Parlement en onder TV-dekking. Dit sluit aan by ander rare positiewe gevalle soos ‘n boerbok, kwartel en papaja (Tanzanie). Miljoene wesels is in Denemarke vankant gemaak weens ‘n positiewe toets. Die covid-toets is die gom vir die pandemie-kaartehuis.

Riaan ·

As jy Covid gehad het en daarvan herstel het, hoekom moet jy nog steeds ‘n masked dra, en hoekom kan jy nie met jou lewe aangaan soos normaal nie. Jou liggaam het mos nou die antibodies teen die virus.

Maggies ·

Omdat jy dit weer kan kry. Hierdie tweede vlaag is ‘n ander variant. Doen die regte ding en dra jou masker. Ongeag of jy dit gehad het of nie. Wees ‘n voorbeeld vir jou kinders.

Dirk Mostert ·

Maar dieselfde toets en dieselfde entstof werk vir die nuwe variant ook?

Dirk Mostert ·

1,019,123 herstel en 34,334 sterf. Herstelkoers =1,019,123/(1,019,123+34,334) = 96,74%.
Sterftekoers = 34,334/(1,019,123+34,334) = 3,26%.
Statistiek/syfervaardigheid is skynbaar nie ‘n voorvereiste vir diegene in die Departement Gesondheid wat die inligting aan die minister verskaf nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.