Covid-19-statistieke: Meeste aktiewe gevalle in Gauteng, KZN

(Argieffoto: Ronny Hartmann/AFP)

Altesaam 1 151 nuwe Covid-19-gevalle is in Suid-Afrika aangemeld.

Volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) is ’n totaal van 3 659 698 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld en is die jongste positiwiteitskoers 7,4%.

Die meeste nuwe gevalle is in Gauteng (40%) aangemeld, gevolg deur Noordwes (17%) en die Wes-Kaap (17%). Die totale aktiewe gevalle is 36 492.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 98 804 nadat nog 137 sterftes aangemeld is, waarvan sewe in die afgelope 24 tot 48 uur plaasgevind het. Die departement van gesondheid het gesê weens ’n voortgesette oudit wat aan die gang is, kan daar ’n agterstand wees in die aantal sterftes wat aangemeld is.

Tot dusver het 3 524 402 mense reeds van die virus herstel, ’n herstelkoers van 96,3%.

Suid-Afrika het tot dusver 22 896 483 toetse vir Covid-19 gedoen, 15 604 sedert die vorige verslag.

Volgens Nios was daar in die afgelope 24 uur 42 hospitaalopnames. Daar is tans altesaam 3 175 mense wat in hospitale vir Covid-19 behandel word.

Meer as 31 miljoen inentings is tot dusver gedoen.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieNuwe gevalleAktiewe gevalle
Oos-Kaap26728
Vrystaat492 648
Gauteng4597 643
KwaZulu-Natal10713 279
Limpopo25467
Mpumalanga821 309
Noordwes1981 759
Noord-Kaap146 651
Wes-Kaap1912 008
Totaal1 15136 492

Sterftes en persone wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstel
Oos-Kaap16 481325 690
Vrystaat7 553189 726
Gauteng20 5461 159 349
KwaZulu-Natal15 944620 533
Limpopo4 469149 245
Mpumalanga4 660184 229
Noordwes4 699183 589
Noord-Kaap2 75798 668
Wes-Kaap21 695613 373
Totaal98 8043 524 402

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

28 Kommentare

jongste oudste gewildste
VaalDonkie

Ek is bly die hospitaal syfers word minder. Dis immers die belangrikste maatstaf wat ons het.

Groen Ghoen

Coronavirusse is maar een van vele stoptekens op die mens se pad wat by die lang bome eindig. Neem bv. hartvatsiektes (beroertes en hartaanvalle) wat volgens die amptelik bevestigbare rekords 225 lewens per dag eis: ‘n Totaal van meer as 164 000 sterftes sedert Covid19 sy opwagting gemaak het. Behou dus perspektief op die situasie.

Oom Kaspaas

Dit sal nogal gaaf wees as hulle vir ‘n slag die Noord Kaap se syfers wil regmaak, hulle het met ‘n spoed gespring tot bo die 6000 aktiewe gevalle, nou lyk dit my word niemand daar gesond nie, al het hulle net 2% of 14 nuwe gevalle per dag.

Adriaan

Highly acclaimed peer-reviewed Bangladesh study shows that masks don’t work at all.

Doctors and mainstream media needs to be held accountable for spreading COVID misinformation.

Adriaan

CDC admits it withheld data from the public because they didn’t want to create vaccine hesitancy
This is from the NY Times. The truth is the data didn’t support their narrative so they hid it.