Altesaam 1 151 nuwe Covid-19-gevalle is in Suid-Afrika aangemeld.
Volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) is ’n totaal van 3 659 698 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld en is die jongste positiwiteitskoers 7,4%.
Die meeste nuwe gevalle is in Gauteng (40%) aangemeld, gevolg deur Noordwes (17%) en die Wes-Kaap (17%). Die totale aktiewe gevalle is 36 492.
Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 98 804 nadat nog 137 sterftes aangemeld is, waarvan sewe in die afgelope 24 tot 48 uur plaasgevind het. Die departement van gesondheid het gesê weens ’n voortgesette oudit wat aan die gang is, kan daar ’n agterstand wees in die aantal sterftes wat aangemeld is.
Tot dusver het 3 524 402 mense reeds van die virus herstel, ’n herstelkoers van 96,3%.
Suid-Afrika het tot dusver 22 896 483 toetse vir Covid-19 gedoen, 15 604 sedert die vorige verslag.
Volgens Nios was daar in die afgelope 24 uur 42 hospitaalopnames. Daar is tans altesaam 3 175 mense wat in hospitale vir Covid-19 behandel word.
Meer as 31 miljoen inentings is tot dusver gedoen.
Provinsiale statistieke:
Provinsie | Nuwe gevalle | Aktiewe gevalle |
Oos-Kaap | 26 | 728 |
Vrystaat | 49 | 2 648 |
Gauteng | 459 | 7 643 |
KwaZulu-Natal | 107 | 13 279 |
Limpopo | 25 | 467 |
Mpumalanga | 82 | 1 309 |
Noordwes | 198 | 1 759 |
Noord-Kaap | 14 | 6 651 |
Wes-Kaap | 191 | 2 008 |
Totaal | 1 151 | 36 492 |
Sterftes en persone wat herstel het:
Provinsie | Sterftes | Herstel |
Oos-Kaap | 16 481 | 325 690 |
Vrystaat | 7 553 | 189 726 |
Gauteng | 20 546 | 1 159 349 |
KwaZulu-Natal | 15 944 | 620 533 |
Limpopo | 4 469 | 149 245 |
Mpumalanga | 4 660 | 184 229 |
Noordwes | 4 699 | 183 589 |
Noord-Kaap | 2 757 | 98 668 |
Wes-Kaap | 21 695 | 613 373 |
Totaal | 98 804 | 3 524 402 |



O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
28 Kommentare
Ek is bly die hospitaal syfers word minder. Dis immers die belangrikste maatstaf wat ons het.
Coronavirusse is maar een van vele stoptekens op die mens se pad wat by die lang bome eindig. Neem bv. hartvatsiektes (beroertes en hartaanvalle) wat volgens die amptelik bevestigbare rekords 225 lewens per dag eis: ‘n Totaal van meer as 164 000 sterftes sedert Covid19 sy opwagting gemaak het. Behou dus perspektief op die situasie.
Dit sal nogal gaaf wees as hulle vir ‘n slag die Noord Kaap se syfers wil regmaak, hulle het met ‘n spoed gespring tot bo die 6000 aktiewe gevalle, nou lyk dit my word niemand daar gesond nie, al het hulle net 2% of 14 nuwe gevalle per dag.
Highly acclaimed peer-reviewed Bangladesh study shows that masks don’t work at all.
Doctors and mainstream media needs to be held accountable for spreading COVID misinformation.
CDC admits it withheld data from the public because they didn’t want to create vaccine hesitancy
This is from the NY Times. The truth is the data didn’t support their narrative so they hid it.