Covid-19-statistieke: Meeste aktiewe gevalle in KZN

KwaZulu-Natal is nou die provinsie met die meeste nuwe én meeste aktiewe Covid-19-gevalle. Dié provinsie het Dinsdag 4 009 nuwe virusgevalle aangeteken, terwyl 52 549 mense hier tans Covid-19 onder lede het.

Gauteng het steeds die naasmeeste aktiewe gevalle (40 117), maar het Dinsdag 3 316 nuwe gevalle aangeteken, die derde meeste in die land. Die Wes-Kaap het die naasmeeste nuwe gevalle (3 324), maar die derde meeste aktiewe gevalle (38 521) aangeteken.

Landwyd is 15 424 nuwe Covid-19-gevalle aangeteken, wat ʼn positiwiteitskoers van 27,6% verteenwoordig, aansienlik laer as die weeklikse gemiddeld van 30%. Nog 35 mense het weens Covid-19 gesterf.

Altesaam 633 pasiënte met Covid-19 is Dinsdag in die hospitaal opgeneem, wat die getal Covid-19-pasiënte in die hospitaal op 9 023 te staan bring, waarvan die meeste (5 369) in staatshospitale.

Net 64 928 mense is gister ingeënt, wat die algehele getal dosisse toegdien op 27 670 095 te staan bring. Die meeste hiervan is in Gauteng toegedien (7,6 miljoen). Amper 39% van die volwasse bevolking is reeds ten volle ingeënt en 45% het minstens een dosis ontvang.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.