Covid-19-statistieke: Meeste gevalle in Gauteng

(Argieffoto: pixabay)

Suid-Afrika het teen Dinsdagaand altesaam 2 968 052 bevestigde Covid-19-gevalle gehad en 4 373 nuwe gevalle is aangemeld. Die styging verteenwoordig ʼn positiwiteitskoers van 10,2%.

Daar is tans 28 651 aktiewe gevalle landwyd en 2 849 558 mense het reeds herstel. Nog 21 sterftes is ook bevestig, wat die algehele syfer op 89 843 te staan bring.

ʼn Totaal van 42 664 nuwe toetse vir Covid-19 is gedoen, waaronder 21 647 (50,7%) in die private sektor en 21 017 (49,3%) in die openbare sektor.

Verreweg die meeste nuwe gevalle is in Gauteng (72%) gevolg deur Wes-Kaap en KwaZulu-Natal (6% elk), Limpopo en Noordwes (5% elk), Mpumalanga (3%), Vrystaat (2%), die Oos-Kaap (1%) en die Noord-Kaap (minder as 1%).

Nuwe gevalle per provinsie:

  • Gauteng: 3 143
  • Wes-Kaap: 275
  • KwaZulu-Natal: 259
  • Limpopo: 204
  • Noordwes: 200
  • Mpumalanga: 139
  • Vrystaat: 70
  • Oos-Kaap: 65
  • Noord-Kaap: 18

Die departement het aangedui dat altesaam 25 619 891 inentings teen Donderdagaand gedoen is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Anke ·

Ek verstaan geld is nie alles, ek verstaan vakansie hou is nie alles nie, MAAR, wanneer provinsiale grense ook gesluit word (soos die landelike grense), is die toerisme bedryf die jaar daarmee heen. En dis baie hartseer wanneer mens dink hoeveel mense gaan dan NOG werkloos gelaat word. Die “locals” bring nie naastenby so baie geld in soos die buitelanders nie, maar ek dink dat elke bietjie sal help op die stadium. Ons moet net leer om eie verantwoordelikheid te vat.

Dirk Mostert ·

‘n Geweldige toename in toetse. Hoeveel van die positiewe gevalle is reeds geent? Hoeveel van die nuwe positiewe gevalle is in hospitale opgeneem (1%? , 2% ?) en hoeveel was asimptomaties? Hoeveel van die aktiewe gevalle is tans in hospitale,10%? Verskaf asb ook statistieke van ernstige newe-effekte na entings. Ek weet reeds van twee net in my vriendekring. Selektiewe data verweer die geloofwaardigheid van die department.

Thom ·

Dit is bitter snaaks dat jy van twee net in jou vriendekring weet ___ ons weet van duisende en meer en behalwe vir die ongemak vir ‘n paar dae en hier en daar hoofpyn weet ons van GEEN newe-effekte nie . Wat noem jy ” ernstige newe-effekte “?

Anoniem ·

Ek is in die 60 en het geen geskiedenis van hoë bloeddruk nie, inteendeel, ek laat 2-3 keer per jaar my bloeddruk toets en dit is elke keer perfek normaal vir my ouderdom. 2 Dae na my eerste en die dag direk na die 2de inenting het ek egter ‘n “subconjuntional hemorrage” (dus 2 keer) in my linker oog ontwikkel. Bloedvate wat gebars en bloeding veroorsaak het. Die Dr het my meegedeel dat dit weens ‘n skielike verhoging in my bloeddruk was, verskeie toetse uitgevoer en kon niks vind waaraan hy dit kon toeskryf nie. Hy het my wel gevra of ek onlangs inge-ent is waarop ek positief ge-antwoord het en hy my huis-toe gestuur met die boodskap dat ek dit moet dophou en dadelik terugkeer indien ek enigsins ander tipe simptome ook sou ontwikkel. My vraag is dus, wat het die skielike verhoging in bloeddruk veroorsaak?????

Oom Kaspaas ·

Stress ! a.g.v van al die bangmaak stories rondom die spuit

piper ·

die laaste paar dae is meer mense vermoor as wat dood is aan covid. wanneer kry ons n verpligte entstof teen moord?

Hardus ·

Hulle moet entstof verpligtend maak vir moordenaars, jy weet… soos hulle met sommige moordenaars maak in Amerika!

Althes ·

Suid Afrika het vir die afgelope 2 jaar ñ baie laer sterftekoers as baie ander lande. Ongeag die aktiewe syfers bly ons nog onder 90 000 sterftes

Oom Kaspaas ·

Die UK het 7.2milj meer positiewe gevalle as ons maar net 50 000 meer sterftes

Jacobus ·

Verstaan tog die statistiek is daar om paniek te saai veral as net selektief gegee word. Eintlik maak feite min saak as situasie van ‘n duisligwekkende hoogte georkestreer word. Wees bedag!

Thom ·

Jy klink VREESLIK belese ___ kan jy vir ons die motief om paniek te saai ook gee aub ?

Dirk Mostert ·

Baie (asimptomatiese) gevalle maar min sterftes. Let op die tweede grafiek hoe mooi korreleer die laagtepunt met ons verkiesing. Scroll ‘n jaar terug en let op hoe korreleer die pieke wereldwyd met die amerikaanse presidentsverkiesing. Slim en goed georganiseerde virusse!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.