Covid-19-statistieke: Meeste gevalle in Gauteng

Argieffoto bloot ter illustrasie (Foto: Verskaf)

Suid-Afrika het teen Dinsdagaand altesaam 2 926 348 bevestigde Covid-19-gevalle gehad en 273 nuwe gevalle is aangemeld.

Nog agt Covid-19-verwante sterftes is in Suid-Afrika bevestig, wat die landwye totaal op 89 484 te staan bring.

Altesaam 2 820 030 pasiënte het in dié stadium reeds herstel. Daar is tans 16 814 aktiewe gevalle van Covid-19.

Altesaam 24 034 nuwe toetse vir Covid-19 is gedoen, waaronder 13 451 (56%) in die private sektor en 10 583 (44%) in die openbare sektor.

Die meeste nuwe gevalle is in Gauteng (48%), gevolg deur KwaZulu-Natal (15%), Wes-Kaap (11%), Vrystaat (8%), Noord-Kaap (6%), Oos-Kaap (4%), Mpumalanga en Noordwes (3%) en Limpopo (1%).

Nuwe gevalle per provinsie:

  • Gauteng: 126
  • KwaZulu-Natal: 39
  • Wes-Kaap: 30
  • Vrystaat: 20
  • Noord-Kaap: 17
  • Oos-Kaap: 11
  • Mpumalanga: 8
  • Noordwes: 8
  • Limpopo: 3

Die departement het aangedui dat altesaam 24 216 614 inentings teen Dinsdagaand gedoen is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Pieter ·

Hier begin die anc sirkus des maand is mos om die draai. Kom kyk hoe lyk dit in die taxis voor julle weer slim raak

Alida ·

En Desember piekel al die Gautengers see toe, en as mense met vakansie is, vergeet hulle van afstand hou en gereeld hande was … En dan wonder almal hoe die virus deur die land versprei het.

Baardman ·

As jy dan so bang is, bly dan maar in jou huis en laat die res die mense hulle hardverdiende vakansie kom geniet.

VaalDonkie ·

Nee maar ek stem saam. Sluit Gauteng toe tot hulle nommers afgekom het soos die res van die land. Ek meen nou nie hok hulle nie, maar moenie dat hulle met vakansie hierheen kom nie. Hulle kan Sun City toe gaan of iets. Sal nogsteeds die ekonomie help.

Hein ·

Uhm dit is nogal snaaks dat sy stelling maak as die meeste aktiewe gevalle in die Wes Kaap en Durban is. Ek dink eerder ons moet wegbly van die kus af sodat ons nie iets daar op tel nie

VaalDonkie ·

Ag jong, ek maak net ‘n grap. Ek is keelvol vir hierdie nonsens. Die enigste ding waarvan ek hou is dat ek van die huis af kan werk. My klient is in Kenia so vir hulle maak dit nie ‘n verskil waar ek sit nie. Verder is ek moeg vir gehok wees.

Genis ·

Twak, die hele Isreal is gejab, en hulle sukkel, so ook die UK…. Niemand in die plakkers kampe dra maskers of hou afstand… Dis n geldmaak foefie

VaalDonkie ·

Die plakkerskampe gaan ons nog red van ‘n regte ramp deur “herd immunity” op te bou. Ek meen, as jy COVID vang en jy wen hom natuurlik, is jy in ‘n beter posisie as die mense wat die prikkie gevat het.

Thom ·

Ek ken ‘n paar mense ( van die balhoriges ) wat nou pas die derde keer Covid gehad het __ elke keer erger ; kry maar liewer die ent , dit werk .

Thom ·

Die “afduimpies “kan gelukkig nie die feite verander nie . Oom Kaspaas skryf net hieronder van die “sukkel “in die VK en Ierland ; baie suksesvolle spuitprogramme gehad met die gevolg dat 50 , 000 en meer mense kan sit en rugby kyk ; die feite sink julle ” komplot-stories “totaal .

Nicolaas ·

Thom daai mense wat jy so “ken” twyfel ek sterk het dit 3 maal gehad en elke keer erger, dit maak eenvoudig nie sin nie. Bly maar van die WhatsApp groepies vir banges af.

Thom ·

@Nicolaas __ moenie as jy bang is ander daar soek nie ___ ek werk elke dag met Covid-pasiente en wens ek kon die balhoriges net wegstuur .

Oom Kaspaas ·

Ek verstaan nie die UK “sukkel”… het jy enigsins die naweek rugby gekyk ? die Principality Stadium in Wallis, Murrayfield in Skotland, Aviva Stadium in Ierland en Twickenham in Engeland sit stof dig met toeskouers wat almal sing en skree sonder maskers. Gevalle tel dalk op maar hulle hospitale en nood dienste is geensins onderdruk nie, wonder hoekom ? Ek weet nie of ek verkeerd is nie, maar as jy so “sukkel” sal ek nie stadions met 50 000 plus toeskouers toelaat nie

Alida ·

Jy praat twak oor Israel. Moenie al die stories glo wat jy op sosiale media lees nie. Israel het gister net 537 nuwe gevalle en 5 sterfgevalle gehad. Klink nie vir my soos sukkel nie.

Samuel ·

Die regering berei reeds voor vir die vierde vlaag/golf van Covid. Hulle bestuur dit uitstekend.

Anel ·

Daar is meer mense dood aan ander oorsake, maar nee, die virus seevier!!! Wat ‘n klug en geldmaak storie!

Andre ·

Ek probeer meer uitvind oor die covid. Watter variante veroorsaak die pos gevalle wat daagliks vertoon word? Watter een is die gevaarlike een en waar kom hy meestal voor? Is daar nie iemand wie se vriend se kennis by ‘n laboratorium werk en meer inligting het nie? Om net te noem soveel gevalle kan enigiets wees van covid-1 tot covid-22. Modereerder kan dalk ook help, asseblief?

Hennie ·

“Suid-Afrika het teen Donderdagaand”. Is hierdie artikel oor gebruik?

Nico Strydom ·

Dagsê Hennie
Jammer vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.
Vriendelike groete
Maroela Media

Hennie ·

En terloop, die syfers in die artikel klop ook nie. In die teks staan daar 262 nuwe gevalle maar in die 1ste prent staan daar 273 nuwe gevalle.

Nico Strydom ·

Dankie Hennie, dit is ook nou reggestel.
Groete
Maroela Media

Oom Kaspaas ·

Vir Genis – Die VK het in totaal al 9.6 milj gevalle, 143 159 sterftes, 1.59 milj tans aktief, maar slegs 999 ernstig / krities terwyl SA 2.9 milj gevalle, maar 89 504 sterftes. Isreal het 1.3 milj gevalle al gehad sleg 5536 tans aktief en 134 ernstig / krities. Vir gister het hulle maar 547 nuwe gevalle, maar 891 recoveries, hulle het maar 8148 sterftes so wys asb vir my waar “sukkel” hulle

Thom ·

Die mense hou van onwaarhede versprei en veroorsaak so die dood van baie mense ___ ONNODIG !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.