Covid-19-statistieke: Meeste gevalle nóg in een dag

Daar is tans 192 443 aktiewe koronavirusgevalle in die land. (Argieffoto: Unsplash)

Nog ’n rekordgetal van 26 485 nuwe Covid-19-gevalle is in Suid-Afrika aangeteken – die meeste gevalle nóg in een dag.

Dit is 2 215 meer as die aantal nuwe gevalle wat Vrydag aangeteken is (24 270).

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) sê in hulle jongste verslag dat die algehele getal laboratoriumbevestigde gevalle in die land nou op 2 046 311 staan.

Die positiwiteitskoers staan nou op 27, 3% en daar is tans 192 443 aktiewe gevalle in die land.

Die meeste gevalle is weer in Gauteng aangeteken (61%), gevolg deur die Wes-Kaap (11%) en Limpopo (7%).

Luidens die Nios se statistieke is 175 Covid-19-verwante sterftes aangemeld wat die land se dodetal op 61 507 te staan bring. Altesaam 1 792 361 mense het reeds van die virus herstel (87,8%).

’n Toename van 557 hospitaalopnames is in die afgelope 24 uur aangeteken.

Meer as 3,3 miljoen mense is tot dusver in Suid-Afrika teen Covid-19 geïmmuniseer.

Só lyk dit in die provinsies:

Provinsie

Nuwe gevalle

Totale gevalle

Oos-Kaap739

209 002

Vrystaat

550116 321
Gauteng16 091

692 626

KwaZulu-Natal

1 473358 997

Limpopo

1 780

80 673

Mpumalanga1 130

98 060

Noordwes

1 401100 195
Noord-Kaap322

59 940

Wes-Kaap

2 999330 497
Totaal26 485

2 046 311

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Alex ·

Wiskunde weereens werk nie hier uit nie. Gauteng 61%? Die grafiek wys 16091 nuwe gevalle. Dus 27240 is dit eintlik 66% en nie 61% nie.

piet ·

Waar staan 27240, is die berig gewysig? Dis 16091 nuwe gevalle in Gauteng (uit die totale nuwe gevalle van 26485). Volgens my berekeninge is dit wel 61% (afgerond).

piet ·

96896 toetse is gedoen of laat ons liewers se is die data wat in die stelsel ingevoer is vir die afgelope 24-uur. Dit sluit heel waarskynlik toetse in wat vroeer as die afgelope 24-uur gedoen is maar kan ook toetse wat wel binne die 24-uur gedoen is uitsluit omdat dit nog nie geverifieer en in die stelsel ingevoer is nie. So terloops – een van my bure is ‘n swartman wat die eienaar is van ‘n posh restaurant. Hy word definief ook geraak. Om die waarheid te se ek dink daar is definitief meer swart eienaars as wit eienaars wat geraak word bloot weens die samestelling van die bevolking. Daai tye is lankal verby dat swartmense nie besighede besit nie, inteendeel.

Rayman ·

en omdat elke jan rap en sy maat wat ñ snot neus het hardloop om getoets te word

MakersMark ·

So wat beveel jy aan dat mense wag tot die rand van die dood voor hul toets ? Is dit nie effens onnosel nie ? Hoe vroeër toetsing hoe vroeër behandeling.

Francois Le Cochon ·

Rayman, sies, terwyl jy jou sinnelose kommentaar getik het, het daar verseker mense gesterf aan covid!

Nouja ·

Ons het famielie en vriende aan covid afgestaan, selfs n hele familie. Hierdie virus is erg. So bid liewer en se dankie as jou vamielie sover gespaar is.

Francois Le Cochon ·

Jaco, hoe staan dinge daar op jou planeet? Is die Hubble al verby?

Samuel ·

Die getalle is skokkend. Dit sal egter toeneem, aangesien sekere mense die regering openlik uitdaag mbt die dra van maskers, sosiale afstand ens. Neem Eshowe en Nkandla as tipiese voorbeelde. Waar is Bheki Cele en die polisie kommissaris?

Neestemmer ·

Die gaaitjies in ‘n masker is 80-500 mikron groot, ‘n virus is 0,1 micron groot, verduidelik asb vir my hoe die masker daai virus gaan stop?

Fransiska ·

Wonder maar net of die toename in gevalle nie dalk iets te doen het met die toename in inentings nie?

Neestemmer ·

Hoekom praat hulle so baie van gevalle en nie die regte dodetalle vergeleke met vorige jare s’n nie? Nog minder word mense ingelig dat die gemiddelde ouderdom van mense wat dood is aan Cov 82 jaar is en dat net 0,3-0,5% van mense doodgaan van die griep.

Tyd dat die “fearporn” stop, dis belaglik en die lockdowns is besig om baie groter skade aan te rig as die siekte. Mens sny nie jou keel af as jy net ‘n hoofpyn kry nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.