Covid-19-statistieke: Meeste gevalle steeds in Gauteng

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

Suid-Afrika het teen Maandagaand altesaam 3 180 785 bevestigde Covid-19-gevalle gehad en 13 992 nuwe gevalle is aangemeld. Die styging verteenwoordig ʼn positiwiteitskoers van 31%.

Daar is tans 174 340 aktiewe gevalle landwyd en 2 913 297 mense het reeds herstel. Nog 11 sterftes is ook bevestig, wat die algehele sterftesyfer op 90 148 te staan bring.

ʼn Totaal van 45 101 nuwe toetse vir Covid-19 is gedoen, waaronder 23 583 (52,3%) in die private sektor en 21 518 (47,7%) in die openbare sektor.

Verreweg die meeste nuwe gevalle is in Gauteng (48%) gevolg deur KwaZulu-Natal (19%), Wes-Kaap (10%), Vrystaat en Noordwes (5% elk), Oos-Kaap en Mpumalanga (4% elk), Limpopo (2%) en die Noord-Kaap (1%).

Nuwe gevalle per provinsie:

  • Gauteng: 6 711
  • KwaZulu-Natal: 2 715
  • Wes-Kaap: 1 464
  • Noordwes: 713
  • Vrystaat: 647
  • Mpumalanga: 617
  • Oos-Kaap: 606
  • Limpopo: 328
  • Noord-Kaap: 191

Die departement van gesondheid het aangedui dat altesaam 27 188 606 inentings teen Maandagaand gedoen is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Juan ·

11 sterftes uit 13992 gevalle. Dit maak jou kans om dood te gaan van die nuwe variant 0.08%.

Baardman ·

Stem saam. Hoop net die onbekwame bevelsraad sien dit ook so

Francois Le Cochon ·

Baardman, so jy beskou o.a. Prof Glenda Gray, wat n 66 bladsy CV het, as onbeekwaam? Is dit nie bietjie arrogant nie. Van die 18 bevelsraad lede is meeste blank, bruin en indier lede. Meeste ook met PhD kwalifikasies. Is die wyse nou die dwaas?

bobmartin ·

Probleem is dat daar is nie genoeg vrees onder die plubliek om entstof verkope op te bring vir die wat dit vervaardig en verkoop.

Truman Burbank ·

As die publiek so vreesloos was as wat jy probeer dink, was daar nooit n lockdown nie

Alfred E Neuman ·

Die sterfte syfers volg normaalweg so 21 dae na infeksie. Ons sal van volgende week af sien of sterftes drasties toeneem al dan nie. Die omicron variant sal dan +- 3 weke in die omtrek wees.

Francois Le Cochon ·

Juan, enige sterftes aan covid is kommerwekkend. Almal moet saamstaan om 0,00000,% te bereik.

VaalDonkie ·

Dis onmoontlik om 0 sterftes te bereik. Want selfs gepriktes kan nog steeds sterf, al is dit teen ‘n laer koers. Maar onmoontlike doele gee jou mos die verskoning om te doen wat jy wil.

bobmartin ·

Gaan nie eintlik oor die sterftes en Covid vir die wat entstof verkoop. Gaan meer oor die verkope van entstof.

Mercia ·

Dan moet daar seker net soveel ywer wees om die spuit newe effekte af te bring na 0, 00000% toe , of hoe Francois?

Truman Burbank ·

Jy is reg. Geen van die ander sterftes in die wereld is so belangrik nie.

Tania ·

Ek wil hoegenaamd nie in ‘n debat “teen of “vir” die inenting betrokke raak nie, maar uit ‘n bemarkingsoogpunt wens ek elke platform wat wel mense wil aanmoedig om in te ent wil ophou om ‘n arm met ‘n magtige naald te wys! Baie swak bemarkingstegniek. Selfs mense wat nié bang is vir naalde nie wil half weg kyk, hulle kan gerus ander beelde probeer, geen idee wat nie, maar ‘n arm wat geknyp word met daai naald…..eish! ???? Hoop ons kan minder van dit in 2022 sien. Wys eerder vrolike mense wat hulle inentingssertifikate rondswaai as hulle by stadions in stap, of so iets…..????????

Cherokee ·

Vrolike mense wat die merk wys ten einde toegelaat te word by die stadions, of so iets.

Andre ·

Dit is tog prysingswaardig dat so baie mense soveel geloof in hul regering het om tog te spuit. Dit sê sekerlik baie van ‘n land se mense.

Francois Le Cochon ·

EK kan nie die verband sien tussen geloof in die regering en inenting nie. Ek het geen geloof in die regering nie, maar is wel ingeent. So kom ek ook alle verkeerreels na, nie omrede ek geloof in die regering het nie, maar omrede ek myself, my familie en ander wil beskerm op die pad.

ChrisR ·

Kan ook nie die verband sien tussen inenting en “verkeerreels” nie? Jy het jou jab en jy is nou veilig…..wat worry dit jou of ander dit vat of nie?

Francois Le Cochon ·

ChrisR, pary mense hou van sukkel. Hulle maak vuur met charcoal, laat toe dat hulle skoonma op die werf bly, en aanvaar maar net die nadelige effek wat covid op almal se lewens het. Ek is nie een van die wat hou van sukkel nie. Hou jy van sukkel?

bobmartin ·

Niemand hou van sukkel. Nie almal is so magtig, super slim met baie rykdom om vuur te maak met lekker braai hout, vir skoonma n nuwe huis koop met haar eie werf en so hoog dat hulle bekommer is oor die wat nie die inenting neem. Niemand hou van sukkel nie. Veral wanneer dit kom by eie besluit neem of hy of sy inenting wil neem of nie. Hou jy van sukkel?

Danie ·

Andre, dis moeilik om jou stelling te verstaan. Die inentings is werelwyd en nie net beperk tot SA en ons regering nie. Ek weet nie of niemand jou al ingelig het dat Covid nie proudly South African is nie maar n wereldwye pandemie.

Dirk Mostert ·

Sal graag die grafiek van positiwiteitskoers saam met die aantal konsentrasiesiklusse van die PCR-toetse wil sien. Ek wed die golwe is mooi in fase.

DJ ·

Dit is tyd dat die statistiek aantoon hoeveel mense van die wat soek is het een spuit en wie het twee spuite ontvang.

Tersia ·

Erik, onthou 27 miljoen inentings beteken nie 27 miljoen mense is al ingeent nie,.

Erik ·

Tersia, almal wat vir die 1ste inenting gegaan het, sal tog vir hul 2de een ook gaan. Tans is iets soos 36% van die totale bevolking ten volle ingeënt. So dit is voor die hand liggend dat dit baie meer is as die jeug uitgesluit word by die totale populasie. Ek weet dis moeilike somme vir die anti-vaxxers en het begrip vir mense wat sukkel.

Oom Hennie Pennie ·

Hang af wie die statistieke opstel. Ineligte mense glo niks meer daarvan nie, dankie,

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.