Covid-19-statistieke: Meeste gevalle steeds in KZN

Argieffoto bloot ter illustrasie (Foto: Verskaf)

Suid-Afrika het teen Oukersaand altesaam 3 393 109 bevestigde Covid-19-gevalle gehad en 18 847 nuwe gevalle is aangemeld. Die styging verteenwoordig ʼn positiwiteitskoers van 29,4%.

Daar is tans 216 947 aktiewe gevalle landwyd en 3 085 419 mense het reeds herstel. Nog 81 sterftes is ook bevestig, wat die algehele syfer op 90 743 te staan bring.

ʼn Totaal van 64 079 nuwe toetse vir Covid-19 is gedoen, waaronder 34 796 (54,3%) in die private sektor en 29 283 (45,7%) in die openbare sektor.

Die meeste nuwe gevalle is steeds in KwaZulu-Natal (26%) gevolg deur die Wes-Kaap (25%), Gauteng (18%), Oos-Kaap (11%), Vrystaat en Noordwes (5% elk), Limpopo en Mpumalanga (4% elk) en die Noord-Kaap (3%).

Nuwe gevalle per provinsie:

  • KwaZulu-Natal: 4 815
  • Wes-Kaap: 4 632
  • Gauteng: 3 376
  • Oos-Kaap: 2 101
  • Vrystaat: 954
  • Noordwes: 905
  • Mpumalanga: 815
  • Limpopo: 677
  • Noord-Kaap: 572

Die departement van gesondheid het aangedui dat altesaam 27 801 495 inentings teen Vrydagaand gedoen is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.