Covid-19-statistieke: Meeste gevalle steeds in KZN

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

Suid-Afrika het teen Sondagaand altesaam 2 764 931 bevestigde Covid-19-gevalle gehad en 7 740 nuwe gevalle is aangemeld.

Nog 134 Covid-19-verwante sterftes is in Suid-Afrika bevestig, wat die landwye totaal op 81 595 te staan bring.

Altesaam 2 526 199 pasiënte het in dié stadium reeds herstel. Daar is tans 157 137 aktiewe gevalle van Covid-19.

Altesaam 45 534 nuwe toetse vir Covid-19 is gedoen, waaronder 19 889 (44%) in die private sektor en 25 645 (56%) in die openbare sektor.

Die meeste nuwe gevalle is weer in KwaZulu-Natal (29%), gevolg deur die Wes-Kaap (22%), die Oos-Kaap (15%), Gauteng (8%), die Vrystaat (6%), Mpumalanga (6%), Noordwes (4%) en Limpopo (2%).

Nuwe gevalle per provinsie:

  • KwaZulu-Natal: 2 206
  • Wes-Kaap: 1 670
  • Oos-Kaap: 1 169
  • Gauteng: 639
  • Vrystaat: 503
  • Mpumalanga: 499
  • Noord-Kaap: 578
  • Noordwes: 342
  • Limpopo: 134

Die departement het aangedui dat altesaam 12 021 608 mense teen Saterdagaand reeds teen Covid-19 ingeënt is.



ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Agge nee ·

Dis nou een keer dat Limpopo nie omgee om laaste te wees nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.