Covid-19-statistieke: Meeste nuwe gevalle hiér aangeteken

Argieffoto (Foto: Lindsey Parnaby/AFP)

Suid-Afrika het nou 2 613 569 bevestigde Covid-19-gevalle nadat nog 7 983 nuwe gevalle Maandag aangemeld is. Die meeste hiervan is in die Wes-Kaap aangeteken.

Die aantal nuwe gevalle is laer as die gemiddelde syfer vir nuwe gevalle oor die vorige sewe dae (10 490). Daar is tans 153 320 aktiewe gevalle in die land.

Minstens 37 891 mense is sedert die vorige verslag vir die virus getoets en die positiwiteitskoers staan nou op 21,1%.

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) sê nog 299 sterftes is aangemeld, wat die algehele sterftesyfer op 77 440 te staan bring. Minstens 2 382 809 mense het al van die virus herstel.

Meer as 9,5 miljoen inentings is tot dusver toegedien.

Nog 331 mense is in die hospitaal opgeneem en word tans vir die koronavirus behandel. Daar is in dié stadium altesaam 14 040 pasiënte in die hospitaal.

Die meeste nuwe gevalle is in die Wes-Kaap (27%) aangemeld, gevolg deur KwaZulu-Natal (24%), die Oos-Kaap (18%), Gauteng en die Noord-Kaap (9% elk), Mpumalanga (7%), die Vrystaat (6%), Noordwes (3%) en Limpopo (1%).

Só lyk die nuwe gevalle per provinsie:

Oos-Kaap1 438
Vrystaat472
Gauteng694
KwaZulu-Natal1 949
Limpopo78
Mpumalanga520
Noordwes241
Noord-Kaap472
Wes-Kaap2 119
Totaal7 983

Altesame 158 103 mense is sedert die vorige verslag teen die koronavirus ingeënt.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.