Covid-19-statistiek: Meeste nuwe gevalle in dié provinsie aangemeld

Dr. Zweli Mkhize. Foto: GCIS

Altesaam 12 074 bevestigde gevalle van Covid-19 is teen Woensdagaand in Suid-Afrika aangemeld wat dui op ’n toename van 724 nuwe gevalle sedert die vorige dag.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het nou in sy jongste verklaring onthul dat 608 van die nuwe gevalle in die Wes-Kaap aangemeld is. Gauteng het op sy beurt nog 61 nuwe gevalle aangemeld.

Mkhize het in die verklaring gesê altesaam 6 713 bevestigde gevalle van die nuwe koronavirus is tans in die Wes-Kaap aangemeld, gevolg deur 2 074 gevalle in Gauteng. In KwaZulu-Natal het 1 413 pasiënte tot dusver positief getoets vir Covid-19.

Die land se dodetal staan tans op 219 terwyl 4 745 pasiënte in Suid-Afrika reeds herstel het.

Volgens Mkhize is 386 352 toetse reeds uitgevoer waarvan 16 655 in die afgelope 24-uursiklus. Die meeste van die algehele getal toetse is in die openbare sektor uitgevoer (197 366), vergeleke met 188 986 toetse tot dusver in die private sektor.

Die nuwe gevalle per provinsie lyk só:

Provinsie: Getal nuwe gevalle:
Oos-Kaap30
Vrystaat2
Gauteng61
KwaZulu-Natal19
Limpopo0
Mpumalanga3
Noordwes1
Noord-Kaap0
Wes-Kaap608
Onbekend0
Totaal: 724

 

Die getal sterftes en herstelgevalle per provinsie lyk só:

Provinsie: Getal pasiënte gesterf: Getal pasiënte herstel:
Oos-Kaap24632
Vrystaat6107
Gauteng241 343
KwaZulu-Natal44618
Limpopo330
Mpumalanga024
Noordwes124
Noord-Kaap017
Wes-Kaap1171 950
Totaal:2194 745
Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

ElizeK ·

Mnr Winde sal dadelik moet stop om so eerlik en deursigtig te wees oor covid19 syfers.
Die DA beheerde Wes Kaap is DIE provinsie wat die ANC tot einde Desember op vlak 4 gaan hou.
Hulle vryf al hul handjies in afwagting om dit af te kondig.

Jaco ·

Kan die liberale pro BEE pro regstellende aksie DA in die Wes-Kaap asseblief ophou met Covid-19 toetse? Dit skep nie die indruk dat die DA beter as die ANC is nie. Dit skep eerder die indruk dat die Wes-Kaap langer op vlak 4 moet bly en dat dié provinsie basies doodgewurg moet word.

Francois ·

Dit is die ANC se plan. Al die plakkers is Kaap toe om kamptig beter lewe te soek. Dit is die DA se eie skuld. Die Kasp is klaar n groot plskkersksmp. Op die volgende verkiesing gasn die DA die Kaap ook verloor met stemme

Anel ·

Ja, en? Dit is nog steeds nie genoeg rede om om ons uit te honger, ons af te sonder, ons werkloos te maak, of om ons na komunisme oor te skakel en in moslems te verander nie. Waar is ons mense regte dat ons self besluite kan neem?

Jaco ·

Kommunisme en Moslems gaan nie saam nie. Kommunisme is so min of meer gelyk aan ateïsme. Dus geen godsdiens. Dis waarom kommunistiese China Moslems en Christene vervolg.

'n Simpelman ·

Kan Maroela dalk ook vir ons wys hoeveel toetse per provinsie en hoeveel infeksies, sterftes, toetse per 100 000.
Of waar kan ek dit kry?

koos10 ·

Sterkte, ek probeer dit al 2 weke lank. Dis syfers wat duidelik nie bekend gemaak word nie, en ek vermoed dit is omdat, as dit uit kom, die hele regering uit gevang gaan word as leunaars.

Deon ·

Kan dit dalk wees dat daar baie gevalle in die provinsies is omdat die “screening” beter beheer word en meer effektief uit gevoer word?

ElizeK ·

Willem, watter provinsie soek die ANC al vir jare met n seer hart?
Behalwe vir Winde wat te deursigtig is, is die Wes Kaap in die ANC se visier en word ander provinsies se syfers verdoesel of daar word nie regtig getoets nie.
Kyk op TV hoe word inwoners byv in Kyayelitsha daagliks getoets. Sien jy dat dit plaas vind in ander provinsies.

Harold ·

Dalk word die “ding” in ons midde deur “iemand” uitgevoer na die Wes Kaap om te verseker dat ons gelock down bly !Is die toetsapperate korrek?

Simon ·

OOO LA LA! Hierdie statitieke moet onder fopnuus tel. Hoe dit ook al sy, die regering se vals en of onvolledige syfers stuur ‘n verkeerde boodskap uit. Die tokkelos gaan binnekort by hulle kom spook.

Jan ·

Een van die dae lees die berig so . Covert sterftes 10 000 . Honger sterftes 100 000 werkloos 80 % watgaan die anc dan se.

Jaco ·

Een van die dae lees die berig eerder so . Covid-19 sterftes 10 000 . Honger sterftes 100 000 per dag. werkloosheid 80%. Wit mense in tronke en Strafkampe 4 miljoen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.