Covid-19-statistieke: Meeste nuwe gevalle in dié provinsies

(Argieffoto: Unsplash)

Suid-Afrika het nou meer as 2 533 400 bevestigde Covid-19-gevalle met 10 008 nuwe gevalle wat aangemeld is.

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) het bevestig dat 2 533 466 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld is. Volgens Nios is die jongste positiwiteitskoers 22,8%.

Die meeste nuwe gevalle is in die Wes-Kaap (29%) aangemeld, gevolg deur KwaZulu-Natal (23%) en Gauteng (17%). Die totale aktiewe gevalle is 160 679.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 74 813 nadat nog 190 sterftes aangemeld is. Tot dusver het 2 297 974 mense reeds van die virus herstel, ’n herstelkoers van 90,7%.

Suid-Afrika het tot dusver 15 257 317 toetse vir Covid-19 gedoen, 43 818 sedert die vorige verslag.

Volgens Nios was daar in die afgelope 24 uur 75 hospitaalopnames. Daar is tans altesaam 15 161 mense wat in hospitale vir Covid-19 behandel word.

Meer as 8,6 miljoen inentings is tot dusver gedoen.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieNuwe gevalleTotale gevalle
Oos-Kaap831235 224
Vrystaat448133 011
Gauteng1 690878 438
KwaZulu-Natal2 270412 599
Limpopo218114 505
Mpumalanga728131 277
Noordwes502132 674
Noord-Kaap40870 387
Wes-Kaap2 913425 351
Totaal10 0082 533 466

Sterftes en persone wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstel
Oos-Kaap13 007241 065
Vrystaat5 873114 320
Gauteng17 676840 764
KwaZulu-Natal12 014363 858
Limpopo3 508106 734
Mpumalanga1 751122 782
Noordwes3 188103 806
Noord-Kaap1 80562 348
Wes-Kaap15 991369 297
Totaal74 8132 297 974

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

43 Kommentare

Riki ·

Hoeveel van die nuwe gevalle en sterftes is mense wat ingeënt is?

Dirk Mostert ·

Dit word verswyg, sal nie die NWO-agenda (entings vir almal) bevorder nie.

MakersMark ·

Los die bygelowe en sameswerings teoriee dis 2021 nie 1421 nie. Behalwe as die NWO teruggaan na die swart dood van die 1300’s toe ‘n kwart van die mensdom dood is, of meer onlangs die spaanse griep van 1918 toe 55 m dood is. Seker ook NWO agendas maar hul vat net nooit oor nie nê …….

Anoniem ·

Dirk vertel ons meer omtrent NWO lyk of jy ‘n kenner is

Francois Le Cochon ·

Riki, sover 28, maar dit is agv ander onderliggende toestande. Maak dit werllik saak? Inenting is in elk geval net vir diegene wat hul kanse om te sterf aan covid te wil verminder met 95%. Vir andere is daar Ivermektien en Afrika Patat.

piet ·

Sinnelose vraag want ons weet reeds die vaksiene verminder jou risiko en dis reeds wereldwyd bewys. As jy will weet hoeveel mense dood is direk as gevolg van die inenting, is die antwoord weglaatbaar min (uiters rare gevalle van newe-effekte soos bloedklonte ens. weet nie van enige sulke gevalle in SA nie), Die feit bly staan die vaksiene is veilig en hou net voordele in. Dit verminder jou kanse drasties om te sterf aan Covid (tot in die 90% as jy ten volle ingeent is).

Cryptogruppe ·

jy kan net na ander lande se data kyk- Kyk na Isreal. In die VSA is daar klein dorpies met 6000 inwoners wat 100% die wonderkuur ontvang het met niemand organies meer nie. Soek dit op en kyk na hulle data. Geweldig onstellend

Thom ·

Volgens die statistiek van Grootte Schuur Hospitaal ____ NUL ! Antwoord dit jou vraag ?

Dirk Mostert ·

Steeds is minder as 10% van “aktiewe” gevalle in hospitale. Verreweg die meeste “positiewe” toetse is asimptomaties (vals). Dat Wes-Kaap die meeste nuwe “infeksies” het is te danke aan Winde se oorywerige getoetsery.

Johan ·

Hulle beplan n lockdown v Desember in die Wes Kaap. Hou maar dop.

MakersMark ·

Definetief die hele CV19 plaag word fyn beplan volgens ‘n NWO bloudruk om wêreld dominansie teweeg te bring. Detail tot op daai vlak – lockdown in die Kaap Des 2021…..niks met hardkoppige menslike optrede uit te waai nie. Dis golf 3…….patroon van lockdown en toename en afname van infeksies nou al derde keer duidelik bewys. Maar dis “hulle”……Wys ons wie “hulle” is asseblief en staaf jou teorie tog net een keer.

Cryptogruppe ·

die geskiedenis sal bepaal wie reg of verkeerd is. intussen kan ons bietjie moeite doen om die masker te laat sak en vriendelik te glimlag. dis die wese van menswees. Het jy dit vergeet?

MakersMark ·

Ag asseblief wat het “vriendelik glimlag” met CV19 beheer uit te waai ? Geskiedenis sal leer dat CV19 ‘n virus is soos alle ander patogene ‘n resultaat is van hoe die mens met die natuurlike wêreld omgaan. Niks met sameswerings teorie uit te waai nie. Dis nou die tipe snert wat mens agter jou masker laat lag.

Francois Le Cochon ·

Jaco gaan baie ontevrede wees as hy weerens nie Hartenbos toe kan gaan nie. Hy sal maar Monwabisi Beach toe moet gaan.

MakersMark ·

Snert en vals informasie. Mense gaan toets self want hul het simptome waar kom jy daaraan dat dit die Wes Kaapse regering (Winde) is wat dit laat doen ? Tweedens asimptomaties beteken nie dat ‘n persoon nie geinfekteer kan wees nie. Asook jy maak ‘n verkeerde aanname dat meeste positiewe toetse “asimptomaties” is wat heeltemal verkeerd is. Asimptomaties beteken “geen simptome”. Meeste mense wat toets doen so want hul het reeds simptome, hulle word by die huis gesond en hoef nie soos die 10% hospitaal toe te gaan nie. Verstaan tog eers die feite voor daar sulke misleidende aanmerkings gemaak word in die publiek.

Kosie ·

Ek wonder maar net wat presies word nou eintlik getoets? Volgens die CDC se webwerf is die PCR toets nie betroubaar nie en verder bestaan daar geen toets vir die verskillende “variante” nie. So presies wat word nou eintlik getoets hier? Ons toets dat die rook trek, en dan word besluite gemaak wat almal se toekoms beïnvloed gebaseer op hierdie toetse, maar die toetse beteken einlik niks. So wat nou?

Anoniem ·

Weet nie waar jy lees nie, PRC toets 97%, rapid test 87%. Variëteite word in laboratoriums ge analiseer toetse kan nie onderskei nie .

Cryptogruppe ·

Koos. Lees weer. kyk bietjie ook wat in Kanada, Alberta gebeur het. Daar is sover nog geen regering wat enige skriftelike bewys kon lewer dat die oorspronklike virus geisoleer is nie. hulle werk op ‘n rekenaarmodel wat vir alles gebruik word. jy kan maar lees, daardie gedeelte is nog nie uit die argiewe verwyder nie.

Cryptogruppe ·

dis maklik- ek kan sommer jou na oorspronklike hofdokumente verwys in die saak in Court of the Queens Bench in the matter of Deena Hinshaw ( Minister van Gesondheid) versus Patrick James King. Enjoy

Jannie ·

Hoe mense op hierdie stadium van die pandemie nog sulke uitlatings kan maak gaan my verstand te bowe. Lees net ‘n artikel of twee.

Cryptogruppe ·

soos watter artikels- gee een wat objektief beide kante van ‘n saak kan stel.

Cryptogruppe ·

ek wil iets bydra tot hierdie debat. Ek kan net stuur in ‘n rigting en ek het gevvind baat by video op youtube gemaak deur AFTER SKOOL met die titel Mass Psychosis – how an Entire Population becomes Mentall Ill. – Vind dit en debateer my dan weer

john ·

Kosie jy is heeltemaal reg dit is om ons gevange te hou onder lockdown dictatorship

Elize ·

Dit lyk net of Weskaap meeste gevalle het omdat daar meer mense woon. Eintlik het KZN die meeste persentasiegewys.

Anoniem ·

Nie dat dit saak maak nie maar kzn se bevolking is groter

Cryptogruppe ·

Die rol van statieke – sterftes, gevalle – dit vervang liefde en samehorigheid. Dit het net nog ‘n instrument geword waarmee vrees ingeboesem word. Geeneen van hierdie artikels plaas klem op liefde en uitreiking na die gemeenskap nie. As gevolg daarvan is mense eensaam en alleen en neem sterftes vanwee selfdood toe. Reik uit – bel jou vriend vandag. Reik uit- dis nooit te laat nie

Mispel ·

Ek wil net sê dat ek hierdie statistieke glad nie glo nie.. Want as jy getoets word vir covid is daar ‘n bedrag betaalbaar.. Glad nie goedkoop nie… En waar kry die minderbevoorregtes en pensioenaresse daardie tipe geld omkort kort vir ‘n toets te gaan elke keer as jy in aanraking was met ‘n persoon wat positief getoets is .? . Al is dit ‘n rapid toets is dit nog glad nie goedkoop nie. m. a. w. daar word nie getoets nie en probeer maar self tuis op hulle manier gesond word..

MakersMark ·

Ongelukkig is daar insetkoste vir alles wat verhaal moet word.

Cryptogruppe ·

Genugtig, die sensorskap strek wyd. Niemand kan meer dink en se wat hy glo nie. Wetenskap kan net bestaan as daar ruimte is vir wetenskaplikes om te toets en te beoordeel. Oor hierdie onderwerp is die net een rigting verkeer. En juis daarin le die doring in die vlees en word agterdog gesaai. Laat die teenspraak toe en ontbloot die teenspraak se argumente as foutief. Sensorskap baat niemand. Selfs ook hier.

Anoniem ·

Het al sameswering teorieë hier gesien maar jy wen eerste prys

MakersMark ·

Geen sensorskap. Almal sê wat hul wil. Veral die wat absoluut zero van wetenskap of virologie af weet. Dis ongelukkig 90% van die frustrasie.

Gert ·

Jy mors jou asem om die skape te probeer oortuig. Los hulle dat hulle met vrede in hulle harte na die slagpale toe loop!

Thom ·

My chemie professor het gesê ” moenie met malles , dronkaards en ander met geen intellek probeer redeneer nie ” ___ hy was ‘n WYSE man .

Jan ·

Gevalle, sterftes is reeds ‘n jaarlank vrees- en maatreëlsgedrewe

john ·

Die syfers beteken niks die CDC het self erken die toeste kan nie onderskei tusse n gewone griep en covid nie , en gaan stop om die toestse te gebruik. te veel valse positiewe uitslae. die sterftes is ook misleidend.

MakersMark ·

Stuur vir ons die verklaring van die CDC. In elk geval is dit snert en valse informasie ek het erge verkoue gehad en gegaan vir ‘n toets en negatief getoets. Paar dae later is verkoue oor. As dit CV19 was sou ander simptome sekerlik gewys het so die toets was 100% akkuraat.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.