Covid-19-statistieke: Meeste nuwe gevalle in Gauteng

(Argieffoto: Unsplash)

Altesame 344 nuwe Covid-19-gevalle is in Suid-Afrika aangemeld.

Volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) is altesame 2 922 735 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld en is die jongste positiwiteitskoers 1,3%.

Die meeste nuwe gevalle is in Gauteng (41%) aangemeld, gevolg deur die Wes-Kaap (13%) en KwaZulu-Natal (12%). Die algehele aktiewe gevalle is 18 349.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 89 220 nadat nog 23 sterftes aangemeld is. Tot dusver het 2 815 166 mense reeds van die virus herstel, ʼn herstelkoers van 96,3%.

Suid-Afrika het tot dusver 18 606 274 toetse vir Covid-19 gedoen, 27 392 sedert die vorige verslag.

Volgens Nios was daar in die afgelope 24 uur vyf hospitaalopnames. Daar is tans 3 838 mense wat in hospitale vir Covid-19 behandel word.

Meer as 22,7 miljoen inentings is tot dusver gedoen.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieNuwe gevalleAktiewe gevalle
Oos-Kaap22229
Vrystaat352 882
Gauteng140471
KwaZulu-Natal415 350
Limpopo41 093
Mpumalanga18244
Noordwes28831
Noord-Kaap121 593
Wes-Kaap445 656
Totaal34418 349

Sterftes en gevalle wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstel
Oos-Kaap15 148277 032
Vrystaat7 002153 659
Gauteng19 606899 697
KwaZulu-Natal14 766495 601
Limpopo4 056117 123
Mpumalanga2 004149 801
Noordwes4 209145 647
Noord-Kaap2 28288 650
Wes-Kaap20 147487 956
Totaal89 2202 815 166

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

annie ·

Mens sou graag verneem teen watter sterkte van die entstof word tieners gespuit? En word dit konstant so verdun, in dien wel. Om die jonger geslag saam met volwassenes te spuit kan ‘n deurmekaarspul afgee. Sekerlik weeg party tieners ‘n kwart van dié van sekere volwassenes. Die covidstorie begin nou uitrafel wat dit gevaarlik maak.

Andre ·

Dit is nog altyd ‘n gevaarlike storie. Klink of die outjie van Holland dit uitdink.

Thom ·

Dit is entstof __ dosis het NIKS te doen met liggaamsmassa nie .

Andre ·

Kom mense, as julle wil spuit, spuit tog en kry klaar. Julle het dit nodig.

Karel Kobus Kruger ·

Jip. Soos n sekere persoon gister gesê het. Dis blykbaar die regte ding om te doen. :):):) Destyds was daar n SAUK gesegde wat beweer het om jou TV lisensie te betaal is ook die regte ding om te doen.

Andre ·

En die groot winkel groep offer nou al R100 bewys vir ou mense.

Oros Soros ·

Geen herstel gerapporteer in die Wes-Kaap sedert 23 September nie. Dan is daar 3 keer soveel Covid-19 pasiënte (1411) in Gauteng hospitale as die aktiewe syfer van 471. Dit is tyd dat die Departement van Gesonheid sy syfers begin regkry. Die Wes-Kaap se provinsiale data verskil ook drasties met die van die nasionale departement.

Andre ·

Oros, van die storie begin het, sien ek “Amptelike bronne” en “Wetenskaplik bewys” in dieselfde kategorie as die Social Media Influencers se waarde. Voeg sommer Fact Checkers ook daarby.

KB ·

Dankie. Jy bevestig wat ek nog heeltyd sê nl. Dat die syfers ‘n gegorrel is, en nie vertrou kan word nie.

MakersMark ·

Verduidelik jou mediese insigte aan familie van miljoene wat wêreldwyd gesterf het. O en verander die uitkyk wat miljoene dokters en mediese personeel het dat CV19 ‘n dodelike siekte kan wees na ‘n klassifikasie van gewone griep. En besoek sommer ‘n ICU by jou naaste hospitaal en verduidelik vir die CV19 pasiente op ventilators hulle moet ophou opspeel hulle het eintlik net gewone griep.

Pietertjie ·

Lyk my die covid-pandemie spring lekker rond tussen ons nege provinsies…

Anel ·

Papsak, hier stem ek 100% saam met jou. DIT IS SOMER HIER!!!!

Oomniklaassevriend ·

Nie soveel van hierdie miljoene sou gesterf het as daar ‘n behoorlike strategie van vroeë behandeling was nie. Dan is dit nie veel meer as gewone griep nie. In plaas daarvan word gewag totdat die siekte ver gevorder het en die risiko eskaleer. Baie van ons het dadelik met die siekte gehandel en ons leef om dit oor te vertel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.