Covid-19-statistieke: Meeste nuwe gevalle in KZN aangemeld

(Foto ter illustrasie: Joe Raedle / Getty Images via AFP)

Suid-Afrika het nou 2 554 240 bevestigde Covid-19-gevalle nadat nog 7 502 nuwe gevalle Woensdag aangemeld is. Die meeste hiervan is in KwaZulu-Natal aangeteken.

Hoewel die aantal nuwe gevalle effens hoër as dié van die vorige dag is, is dit laer as die gemiddelde syfer vir nuwe gevalle oor die vorige sewe dae (10 098). Daar is tans 140 875 aktiewe gevalle in die land.

Minstens 39 639 mense is sedert die vorige verslag vir die virus getoets en die positiwiteitskoers staan nou op 18,9%.

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) sê nog 573 sterftes is aangemeld wat die algehele sterftesyfer op 75 774 te staan bring. Minstens 2 337 591 mense het al van die virus herstel.

Nog 459 mense is in die hospitaal opgeneem en word tans vir die koronavirus behandel. Daar is in dié stadium altesaam 14 743 pasiënte in die hospitaal.

Die meeste nuwe gevalle is in KwaZulu-Natal (26%) aangemeld, gevolg deur die Wes-Kaap (23%), Gauteng (17%), die Oos-Kaap (13%), die Vrystaat (6%), Mpumalanga en Noordwes (5% elk), Limpopo (3% ) en die Noord-Kaap (2%).

Só lyk die nuwe gevalle per provinsie:

Oos-Kaap999
Vrystaat454
Gauteng1 273
KwaZulu-Natal1 979
Limpopo236
Mpumalanga379
Noordwes343
Noord-Kaap133
Wes-Kaap1 706
Totaal7 502

 

Altesaam 175 095 mense is sedert die vorige verslag teen die koronavirus ingeënt.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Delene ·

KwaZulu-Natal se syfer verbaas my nie! Seker die gevolg van die onlangse plundering!

Danie ·

Hardekwas, ek weet nie hoekom jy daaroor jubel nie. Daardie selfde mense beweeg tussen onskuldige mense rond, moontlik tussen my en jou familie en steek hulle aan, wat dan die dood van daardie mense kan beteken.

piper ·

ja na die onluste styg die getalle. hulle gaan mekaar nou erg aansteek. baie gevalle word nie eers aangemeld nie want almal gaan nie vir toetse nie en min of geen 10 dae isolasie vind plaas.

Esme ·

Covid is die nagevolg van die Chaos en afgesien van die skade moet al die siekes ook nou behandeling ontvang. En die kostes eskaleer net.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.