Covid-19-statistieke: Meeste nuwe gevalle sedert Januarie

(Argieffoto: Unsplash)

ʼn “Kommerwekkende” 13 246 nuwe gevalle van Covid-19 is bevestig, die meeste daaglikse gevalle sedert Januarie vanjaar.

Dít volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios), wat sê die algehele infeksiesyfer sedert die uitbreking van die virus staan nou op 1 774 312.

Altesame 1 620 317 mense het reeds van die siekte herstel.

Byna 61 000 duisend nuwe toetse is sedert die vorige bywerking van die syfers gedoen en meer as 12,3 miljoen is sedert die uitbreking van die pandemie afgehandel. Altesame 21,7% van toetse wat gedoen word, is positief.

Volgens die Nios is die Noord-Kaap, Noordwes en Gauteng amptelik in ʼn derde vlaag, terwyl die ander vyf provinsies voortgesette toenames in die getal gevalle ondervind. Die meeste van die gevalle wat Woensdag bevestig is – 59,3% – is in Gauteng.

Nuwe gevalle:

  • Oos-Kaap: 497
  • Vrystaat: 617
  • Gauteng: 7 859
  • KwaZulu-Natal: 592
  • Limpopo: 390
  • Mpumalanga: 546
  • Noordwes: 917
  • Noord-Kaap: 426
  • Wes-Kaap: 1 402
  • Totaal: 13 246

Daar was ʼn styging van 940 hospitaalopnames en 77 Covid-19-verwante sterftes is in die voorafgaande 24 uur in hospitale bevestig. Die sterftesyfer staan tot dusver op 58 223.

In hierdie stadium word 8 727 mense in hospitale landwyd vir die virus behandel.

Die Nios het weereens ʼn beroep op mense gedoen om waaksaam te bly en voorkomingsmaatreëls toe te pas. Dit sluit in die dra van ʼn masker wat die neus en mond bedek, die handhawing van behoorlike handhigiëne, die handhawing van sosiale afstand en die beperking van kontak met mense.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

59 Kommentare

Oom Kaspaas ·

Hoe meer lyne in die water, hoe meer visse gaan jy vang

absoluut ·

Verseker want ek sien hulle het ewe skielik dubbel die normale daaglikse toetse gedoen

Hendrik Marthinus ·

Level 5
Geen drank
Tot 60% inentings gedoen is nie
Al wat gaan help

Debby ·

Het jy genoeg geld om vir al die mense te sorg wat hulle werk gaan verloor en hulle elke dag kos te gee

Hendrik Marthinus ·

Ek het nie Debby
Maar gaan dit nie oor lewe nie, drank veroorsaak net dood en geen geluk nie

MakersMark ·

Meeste wil dit nie hoor nie. Gaan oor hul sak en die R 2.50 wat hul nou nie maak nie……

Debby ·

Ek praat nie van die drank nie dit gaan oor jou level 5 besighede gaan deure toemaak en vou en werkers met hulle gesinne gaan op straat sit sonder n dak oor hul kop of iets om te eet

Hendrik Marthinus ·

Debby ek stem met jou, ongelukkig vir die in die drankbedryf is dit n hartseer storie.
Die regering moet n manier vind om Hulle teggemoet te Kom.
Maar dit is drankwinkels wat die probleem is, tops, checkers, pick and pay Kan mos nie kla nie.
Hulle verkoop steed groceries etc,, maar soos dinge nou verloop is ons in moeilikheid mbt hospitalisasie, die regering Kan nie Anders nie, en soos mediesie korrek se, level 3 gaan niks help nie

Hendrik Marthinus ·

Gaan jy gelukkig wees, as jy en ek Hoop regtig nie so nie, behandeling nodig het, wat verskil Kan beteken tussen lewe en dood, (nie net covid nie maar Enige mediese behandeling), en n Dr se vir jou geen bed beskikbaar nie.
Onthou die enigste rede vir die regering was dat covid gevalle hospitalisasie onmoontlik maak.
Drank gevalle(ongelukke hetsy motorbotsings, aanrandings etc is onnodig in hierdie tyd)hou ons ongevalle eenhede te besig in hierdie tyd. Mense Kan soms nie help dat Hulle covid kry nie (stem saam duisende is nalatig en kry die virus) en nou sukkel dokters etc met onnodig gevalle.
Mnr Ramaphosa stel dit duidelik, Sy terugvoering is dat dit die geval is.
Jy Kan nie stry nie, drank veroorsaak net probleme. Hy nog nooit gese Hulle mag nie oop wees nie, net nou dat die gevalle so hoog is, moet ons drank verkope verminder.
En ja ek weet agter af verkoop Hulle sedert eergister Meer as wat Hulle wettig verkoop het.

MakersMark ·

Niks met geld uit te waai nie hou op ‘n globale siekte blameer vir finansieele verlies.

Gert ·

Hendrik ek neem aan jy is ‘n staatsamptenaar. Hulle kla nie. Sit meeste van die tyd by die huis en kry vol betaling. Die ander sit by die huis sonder betaling.

Hendrik Marthinus ·

Ek is en Ekt vir 2 jaar nog nie verhoging gekry nie, en ek moan nie daaroor nie.
Gaan oor lewe nie oor luxury nie

Hendrik Marthinus ·

Bly jy Dink ek kry n wonderlike salaris, glo my ons kry nie wat jy Dink nie.
Ek kla nie ek het n werk en ek pas dit soos goud op.
Yes agree, ek kry medies en n 13de tjek maar ek werk vir dit en ek betaal ook n groot gedeelte vir my medies.
Ek werk 12 uur skofte, gaan donker uit huis en Kom donker terug.
Nie 8-4 soos meeste Ander nie

MakersMark ·

En dis niks mee fout nie en baie bewonderbaar dat iemand besef hul werk is belangrik en dit oppas. Geluk met jou sukses. ‘n Loopbaan word gebou oor baie jare asook die voordele wat dit bring maar kan in ‘n sekonde se verkeerde besluit of aksie vernietig word. Ongelukkig is daar die gespuis wat iemand wat ‘n loopbaan oor baie jare gebou het en die finansieële voordele geniet skuldig wil laat voel agv van hul eie gesukkel en hul blameer van Julius Malema tot die polisie tot CV19 inperkings. Gelukkig of ongelukkig lewe almal met hul lewenskeuses.

Hendrik Marthinus ·

Dankie MakersMark
Sommige mense Dink as jy vir die staat werk is Al’s maanskyn en rose.
Glo my dus nie altyd so nie, Ja ek kry goeie verlof etc
Maar mense vergeet waar ek werk is oortyd al vir langer as amper 2 jaar weg, ons werk oortyd vir zero geld, Wie Sal dit elke dag doen verniet.
Wie Sal uit Sy eie sak skryfbehoeftes koop en ja soms met kollegas saam klap om bande te koop vir motors of punctures uit eie sak uit reg te maak.?
So ek stem MakersMark, mense kla met brood Onder Hulle arms, Dink nie Baie mense Sal aanhou werk vir 2jr sonder verhoging nie

Hendrik Marthinus ·

Lees bietjie wat se die dokters, level 3 gaan niks help
Hulle wat geleerdheid het mbt die onderwerp, vra vir Meer inperkings.
Ek en jy is nie experts op die veld nie, ons moet met hulle saam stem want ons opinie dra 0% gewig.
Ek stem saam met die Kenner op die veld, nie met iemand wat 0% kennis het mbt medies opinie nie

Jedi Knight ·

Jy klink aan die ouerige kant. Ouer mense is mos tog so gehoorsaam en steur hulle altyd aan gesag.

Hendrik Marthinus ·

Oud maar nie koud Karel, wetsgehoorsaam dus al.
Wat ek nie vir myself wens nie, wens ek ook nie gebeur met onskuldige mense nie.

MakersMark ·

Meeste wat hier so kerm het nie ‘n idee van virologie, chemie of algemene mediese beginsels nie.

MakersMark ·

Ek neem aan mense wat so vinnig kla verkoop drank uit hul agterplaas uit want hul hou nie op kla nie…..

Baardman ·

Jy is seker afgetree en voel vere vir jou medemens wat moet werk om sy gesin en heel moontlik ander gesinne ook moet onderhou. Teen die huidige tempo van inenting wil jy dus hê dat level 5 tot 2035 moet wees. Lewer asb kommentaar wat realisties is

Hendrik Marthinus ·

Ek is nie Baardman
Ek sukkel voort net soos duisende ander
Maar vir my en ek Hoop vir jou ook so, dit gaan oor lewe vs dood
Hospitale se kapasiteit is oorvol, ek Hoop en bid dat as ek dit nodig het daar n bed vir my Sal wees en nie vir n dronk lap nie
Ek respekteer die feit dat ek masker etc moet dra, die dronkie nie, en in hierdie geval soos ons nou sien, kry Hulle hospitaal beddens en die gehoorsame nie.
So ek stem met Mnr Ramaphosa, drank moet toe, Todat situasie verander

Theunis ·

As jy inge-ent is kry jy dit nog en steek mense aan. Die mense loop in die strate asof daar geen probleem is nie. In elk geval geen bewyse dat ent suksesvol is nie.

MakersMark ·

Stem 100% saam. Mense het nie ore nie en die wat hier kerm doen dit meestal oor geld en geen ander rede nie. Blameer die hele wêreld vir hul eie keuses. En dan die balhoriges en groot tiere wat dit afmaak as niks tot hul dit self kry. Geen salf aan te smeer nie. Min mense dink aan die gevolge van ‘n gesondheids diens wat inmekaarstort en die menslike tragedies wat dan afspeel.

Karel Kobus Kruger ·

Ek het dit al gehad. Regtig. Party verkoues het my al slegter laat voel. Dis hoekom ek dit afmaak as niks.
Groete
Tier

Strandloper ·

Jy was net gelukkig. Hoop regtig nie jy kry dit weer nie

Fritz ·

Daar is altyd n mate van geluk (of seën) betrokke. Gesonde verstand speel ook n rol. Leef en eet gesond, en die stryd is halfpad gewonne. Eet egter vir die 1ste span en wees lui, en jy soek waarskynlik vir moeilikheid.

Hendrik Marthinus ·

Jys gelukkig gewees Gysbert, Bly jy was ok, maar moenie dit afmaak as niks nie, duisende Ander wou bitter graag dit Anders gehad het, en is nou nie Meer met ons nie.
Die ding is eg en maak letterlik elke minuut wereldwyd iemand dood

donsie ·

Ek sien vanoggend op Espresso die fotos wat tydens die jeugdag geneem is, geen maskers in sig nie. wat se u daarvan Mnr Ramaposa

Hannes ·

Jong, die syfers maak nie sin nie, as die getalle op oor n miljoen is, sedert uitbraak, dit wil sê, langer as n jaar, en 21% van toetse is positief….. Hoeveel mense word getoets dan, en hoeveel van daat getal is 1 persoon se herhalings toets, my kind het 2 keer getoets, beide +, dan het die statistiek duplisering in……..

As ek my opinie kan gee, die syfers word gebruik om vrees te dryf, moet my nie verkeerd verstaan nie, die virus bestaan, maar my vraag, na aanleiding van al die hartaanval en motor ongeluk sterftes wat al as covid gevalle aangemeld is, hoe akkuraat is die getalle werklik!

absoluut ·

Hannes ek voel dieselfde en gister is daar ewe skielik dubbel die normale hoeveelheid toetse gedoen lyk dit my, hoe meer toetse hoe meer gaan positief toets

En dan die uitslag van n toets is vir nou, wat jy daarna gedoen het of waarmee jy in aanraking gekom het gaan weer n ander toetsresultaat gee

Strandloper ·

N biekie raad wat werk vir al die doem profete. Gebruik Hypochlorous acid (HOCL) voorkomend en Ivermectin waneer jy wel die bug op doen.

HOCL is n disinfectant wat so veilig is jy kan dit tot in jou mond en neus spuit en net daar maak jy die bug vrek, trouens jou eie liggaam vervaardig dit om jou te beskerm teen virus infeksies.

Hypochlorous acid (HOCL) is in 1970 ontdek en dit slaan my net dronk dat die wye publiek nie daarvan weet nie?

Maar asseblief moenie my glo nie…doen jou eie navorsing…jou bek sal oophang!

Thom ·

Biki kennis sonder agtergrond is gevaarlik ___ dit is basies swembadwater waarin te veel chloor gegooi is .

MakersMark ·

Ek neem aan jy drink gereeld Jik. Dit bevat hipochloorsuur en maak bakterieë en virusse dood. Ek dink nie dis so goed vir jou slukpyp en maag nie. Konsulteer maar eers jou Dr. of skerp op op jou eerste jaar chemie…..

Strandloper ·

Sê die doem profeet sonder eenige navorsing. Ek kan n perd bring tot by die water….

MakersMark ·

Strandloper ek is baie goed gekwalifiseer in chemie en fisika so ek weet waarvan ek praat. Thom is reg hipochloorsuur vorm wanneer chloorgas of chloor bevattende verbindings in water regeer so as jy bv hth in jou swembad gooi vorm hipochloorsuur maar so 3-5 dele per miljoen. Jou liggaam vervaardig dit ook maar teen bitter klein konsentrasies. Probleem is hoe neem mens dit in ? Deur dit per mond te neem gaan jou slukpyp brand en in elk geval is die soutsuur in jou maag ‘n baie sterker suur as hipochloor suur en dit sal afbreek. So daar is nie eintlik ‘n manier om dit deur die spysveryerings kanaal in jou bloedstroom en op sellulêre vlak in jou liggaam te kry nie. Al drink die perd water.

Strandloper ·

Ek kry myne by n Chemiese engineer wat dit self vervaardig en aan hospitaale voorsien.

Dit is n electolised saline solution (0.05% HOCL) met n PH van 6.5 tot 6.8 ( daar is die geheim) dan het jy n Super Sanitizer gelyk staande aan gedistileerde water! Gebruik net so of verdun 9 keer vir n gewone sanitizer.

Veilig genoeg om in jou oog te spuit. Dit is n algeme ontsmetings middel in oogkunde.

Ek is so dankbaar dat iemand met jou kwalifikasies dit raak gelees het en vrae vra. Ek dink ons as mens maak n eenvoudige ding net onnodig moeilik. Doen asb nog navorsing ek weet ek het iets beet.

Ek gebruik dit al vir langer as n jaar ten minste twee keer per dag deur n fyn sproei in te asem deur my neus en mond.

Die gebruike stop nie daar nie…dit is n wonder middel en sommige groot apteeke verkoop dit teen prys.

Die perd drink die water!

Dirk Mostert ·

Van meer as 13,000 positiewe toetse minder as 1,000 hospitaalgevalle. Dws meeste positiewe gevalle min of geen simptome nie. Die sg styging in positiwiteit waarskynlik gekoppel aan meer CPR-konsentrasie-siklusse. Jy kry in enige rots spore van goud, maar dit tel nie as gouderts nie.

VannieBaai ·

Waar kry mens Ivermectin? Kan dit sonder ‘n voorskrif bekom word?

Andries ·

Waar is die statistiek van die hoeveelheid wat sterf wat wel ingeënt is? Die inligting moet beskikbaar wees maar ons sal dit seker nooit hoor nie.

Vlooitjie ·

Ek bly verbaas as iemand negatief reageer op sulke vrae. Dis belangrik om te weet of jy nou glo in die entstof of nie.

Hendrik Marthinus ·

Ek praat Onder korreksie, Dink nie daar was al nie.
Ek verstaan mense het al dit 2 keer gehad en selfs nadat Hulle ingeent was, maar glo jy kry dit nie so sleg soos iemand wat nie ingeent was nie.
Ja Baie kry covid en se hulle was heel fine, en dus Hulle wat so negatief praat oor inenting.
Maar so Baie sterf wat nie so gelukkig was nie, en Hulle families vra seker elke dag as die inspuiting net toe beskikbaar was kon my geliefde nog gelewe het.

Jaco ·

Dié corona syfers in die derde golf moet waarlik reg wees, want dis die hoogste in 3 ANC-beheerde provinsies; nie weer die DA-beheerde Wes-Kaap nie. Nog ‘n rede waarom die huidige Corona syfers reg moet wees, is dat dit winter is, so dis in elk geval te koud om Wes-Kaapse strande te gebruik. Strande sluit is dus onnodig.
Maar wees maar voorbereid op Desember vanjaar: dan is die Wes-Kaap weer skielik, sommer oornag, in ‘n hemelhoë vierde golf, en word strande gesluit en wit toeristebesighede aan die kus word van hulle beste inkomste van die jaar ontneem.
Net 10% van SA se anti-wit regering se maatreëls teen Corona is regtig teen Corona. Die ander 90% is gemik teen wit mense, wit besighede en “die rassistiese DA” wat die Wes-Kaap regeer.
ONTHOU TOG: Ramaphosa het reeds 2 keer in die verlede gesê dat inperking wys hoe ongelyk SA is en dat wit mense se rol in die ekonomie moet stop.

Vlooitjie ·

Ek sien hier is al weer ‘n ooraktiewe afduimertjie op sekere plasings wat niks beter het om te doen nie. En om te antwoord op die vraag oor die verkryging van Ivermectin, jy moet voorskrif daarvoor kry.

Thom ·

Dit is nie so nie ___ by koöperasie se dieremiddels , orale Ivomec .

Karel Kobus Kruger ·

Ivermectin kan natuurlik sonder n voorskrif bekom word. Enige medisyne (wel amper enige medisyne) kan sonder voorskrif bekom word. Net soos onwettige drank en sigarette en dwelms.

Josua ·

Ek het al n paar weke gelede al gesê dat mense invermectin saam vitamines moet gebruik ongeag of jy positief is of nie maar was toetaal geblok, daar is huidiglik meer as genoeg bewys dat dit beslis werk dit verhoed nie dat jy siek word nie maar verlig die simptome as jy wel positief getoes word. Ja daar is steeds mense oorlede wat wel invermectin gebruik het teen covid maar het dit tel laat begin gebruik daar is n uitstekende onderhoud wat Maroela Media self gevoer het met twee Dokters asook n lid van Afriforum en hulle het uitstekende inligting verskaf wat ek dink baie mense se lewe in SA kan red juis agv van onkunde net jamer ek het nie van die medikasie geweet geduurende Desember toe ek self en my vrou deur Covid plat getrek was nie, ek en my hele gesin gebruik dit tans en daarom is ek nie bang om weer siek te word nie, verloor ek dan my lewe sou ek weer siek word glo ek dit sou in elk geval gebeur het ongeag.

Henri ·

Ek wonder as kanker se statistieke daagliks so geplaas word, hoe sterk gaan die toename daagliks styg. Nou die dag soek ek statistiek oor oormatige sterftes en kom op Worldometers se webwerf af. Daar is basies 2,4 geboortes vir elke sterfte. Die wêreld se populasie staan op bykans 7,87 miljard mense en groei teen ‘n stink spoed. As ek dink dat die wêreld se herstelkoers is op feitlik 98% glo ek ek hoef nie bang te wees nie. Kyk positief na die lewe en positiwiteit vul jou lewe. Maar moenie vergeet nie. Die lewe is verganklik. Dis wat jy met jou tyd maak wat jou maak wie en wat jy is. Gebruik jou Godgegewe tyd.

Fritz ·

Blykbaar is vetsug (iets wat ten volle deur die individu voorkom kan word) n groot bydraende faktor t.o.v. erge simptome…..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.