Covid-19-statistieke: Meeste nuwe gevalle sedert Januarie

(Argieffoto: Unsplash)

ʼn “Kommerwekkende” 13 246 nuwe gevalle van Covid-19 is bevestig, die meeste daaglikse gevalle sedert Januarie vanjaar.

Dít volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios), wat sê die algehele infeksiesyfer sedert die uitbreking van die virus staan nou op 1 774 312.

Altesame 1 620 317 mense het reeds van die siekte herstel.

Byna 61 000 duisend nuwe toetse is sedert die vorige bywerking van die syfers gedoen en meer as 12,3 miljoen is sedert die uitbreking van die pandemie afgehandel. Altesame 21,7% van toetse wat gedoen word, is positief.

Volgens die Nios is die Noord-Kaap, Noordwes en Gauteng amptelik in ʼn derde vlaag, terwyl die ander vyf provinsies voortgesette toenames in die getal gevalle ondervind. Die meeste van die gevalle wat Woensdag bevestig is – 59,3% – is in Gauteng.

Nuwe gevalle:

  • Oos-Kaap: 497
  • Vrystaat: 617
  • Gauteng: 7 859
  • KwaZulu-Natal: 592
  • Limpopo: 390
  • Mpumalanga: 546
  • Noordwes: 917
  • Noord-Kaap: 426
  • Wes-Kaap: 1 402
  • Totaal: 13 246

Daar was ʼn styging van 940 hospitaalopnames en 77 Covid-19-verwante sterftes is in die voorafgaande 24 uur in hospitale bevestig. Die sterftesyfer staan tot dusver op 58 223.

In hierdie stadium word 8 727 mense in hospitale landwyd vir die virus behandel.

Die Nios het weereens ʼn beroep op mense gedoen om waaksaam te bly en voorkomingsmaatreëls toe te pas. Dit sluit in die dra van ʼn masker wat die neus en mond bedek, die handhawing van behoorlike handhigiëne, die handhawing van sosiale afstand en die beperking van kontak met mense.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

59 Kommentare

jongste oudste gewildste
Oom Kaspaas

Hoe meer lyne in die water, hoe meer visse gaan jy vang

Hendrik Marthinus

Level 5
Geen drank
Tot 60% inentings gedoen is nie
Al wat gaan help

donsie

Ek sien vanoggend op Espresso die fotos wat tydens die jeugdag geneem is, geen maskers in sig nie. wat se u daarvan Mnr Ramaposa

Hannes

Jong, die syfers maak nie sin nie, as die getalle op oor n miljoen is, sedert uitbraak, dit wil sê, langer as n jaar, en 21% van toetse is positief….. Hoeveel mense word getoets dan, en hoeveel van daat getal is 1 persoon se herhalings toets, my kind het 2 keer getoets, beide +, dan het die statistiek duplisering in…….. As ek my opinie kan gee, die syfers word gebruik om vrees te dryf, moet my nie verkeerd verstaan nie, die virus bestaan, maar my vraag, na aanleiding van al die hartaanval en motor ongeluk sterftes wat al as covid… Lees meer »

Strandloper

N biekie raad wat werk vir al die doem profete. Gebruik Hypochlorous acid (HOCL) voorkomend en Ivermectin waneer jy wel die bug op doen.

HOCL is n disinfectant wat so veilig is jy kan dit tot in jou mond en neus spuit en net daar maak jy die bug vrek, trouens jou eie liggaam vervaardig dit om jou te beskerm teen virus infeksies.

Hypochlorous acid (HOCL) is in 1970 ontdek en dit slaan my net dronk dat die wye publiek nie daarvan weet nie?

Maar asseblief moenie my glo nie…doen jou eie navorsing…jou bek sal oophang!