Covid-19-statistieke: Meeste nuwe gevalle steeds in Gauteng

(Argieffoto: Unsplash)

Die 4 322 nuwe Covid-19-gevalle wat in Suid-Afrika bevestig is, het die positiwiteitskoers tot 10,6% laat toeneem en altesame 3 568 900 laboratoriumbevestigde gevalle is sedert die uitbreking van die pandemie aangemeld.

Die positiwiteitskoers het ʼn dag tevore op 9,2% gestaan. Die sewedaggemiddeld is laer (11,4%) as ʼn dag tevore (12,1%), sê die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios).

Altesame 3 390 027 mense het reeds van die virus herstel, ʼn koers van amper 95%.

Die meeste nuwe gevalle is steeds in Gauteng (24%), gevolg deur die Wes-Kaap (23%), KwaZulu-Natal (16%), Limpopo (11%), die Oos-Kaap (8%), die Vrystaat, Mpumalanga en Noordwes (5% elk) en die Noord-Kaap (4%).

Daar is tans 85 166 aktiewe gevalle van die virus en 40 654 toetse is sedert die vorige verslag gedoen.

Nog 36 sterftes is oor die vorige 24 tot 48 uur bevestig, terwyl 120 vorige sterftes bygewerk is. Dit bring die algehele sterftesyfer op 93 707 te staan.

Altesame 7 199 mense met Covid-19 is tans in hospitale, nadat nog 162 mense opgeneem is.

Nog 74 305 dosisse van die Covid-19-entstof is ook Woensdag toegedien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

43 Kommentare

Adriaan ·

Ek hoop van harte dat die daaglikse gogga-maak-vir-baba-bang covid beriggies binnekort gestop sal word.

Andre ·

Die nuus is stadig by sommige instansies, hulle is seker te besig met “copy and paste”. Of dalk om maskers te verdedig.

Jacob ·

Daar is genoeg rede om te glo dat die syfers moontlik die waarheid so effens verdraai. ‘n Baie onlangse versoek aan die Office of National Statistics onder die “freedom of access to information act” in Brittanje, het dit aan die lig gebring dat slegs sowat 11% van sterftes wat aan Covid 19 toegeskryf is, werklik as gevolg van Covid 19 was. Gerieflikheidshalwe is die wat met Covid 19 gesterf het, maar nie aan nie, ook as Covid 19 sterftes aangeteken.

Sou die syfers op Suid Afrika van toepassing wees, kom dit daarop neer dat daar in werklikheid sowat 11 000 mense oor amper 2 jaar as gevolg van Covid 19 infeksies gesterf het. Dit is sowat die helfte van wat gemiddeld per jaar van gewone griep sterf.

Laat jou dink.

Cherokee ·

Weet nie of daar enige ander foto is op Internet, wat meer irriterend is as die ronde bolletjie met dorings.

MakersMark ·

Dis ‘n klei model deur die vorige voorsitter van Microsoft uirgedink want CV19 bestaan nie. Wonder net wat het soveel mense siek gemaak en 5.6m mense laat sterf. Seker ippiekonders…..

Andre ·

Makers, die vaxers wat nie die laaste booster gekry het nie en as non-vaxed verklaar word is daardie 5.6m wat jy uitgedink het.

MakersMark ·

Google worldometer., 5.6m sterftes agv cv19. Alle lande se CV19 infeksies sterfgevalle word daar gerapporteer. Soos alles, av’s het geen feite. Net stories. As jy van beter weet bewys die teendeel. Maar jy kannie.

Andre ·

Soos ek sê, as jy nie die volle reeks boosters het nie, word jy as unvaxed getel. En soos met covid statistiek, rubbish in, rubbish out. As jy van beter weet, bewys dit, maar jy kan ook nie. Kry die spuit en dra jou masker, jou stories klink soos die olifante wat valskerm spronge oefen.

VaalDonkie ·

Die ware syfer is 30 sterftes maar die amptelike syfer gaan as 150 aangeteken word. En ek sien ons het 43000 toetse gister gedoen teenoor die 20000 die vorige dag. Hulle is besig om die boeke voor ons neuse te kook.

Marius ·

En die konsert se tempo neem toe. Wonder wat volgende gaan gebeur ?!!! Gaan die tempo op of af? :-|

Cherokee ·

Dít VaalDonkie, bring ons by die vraag oor waarmee die beplanners daarvan eintlik besig is. Maar hulle weet self ook nie, want dit is meer as 2000 jaar voor hulle al voorspel. Hulle volg dus ook net die bose plan.

MakersMark ·

Wie is die beplanners en wat is die bose plan ? Het jy inside info – “nudge nudge wink wink” ?

Cherokee ·

Jy weet beslis dat ek inside Info het, Mark. Jy weet ook waar dit geskryf is.
Jy vind dit net moeilik om te aanvaar wat voorspel is, gebeur soos geskryf.

MakersMark ·

Genuine? En dit alles deur inentings en jou interpretasie van een bybelvers ? Nee wat dis spekulasie en obsessiewe denkwyse sonder enige konkrete feite oor die bose plan en die beplanners. Wat van al die “bose planne” van mense deur die eeue ? Wat maak CV19 die vervulling van jou bybelvers ?

Andre ·

Cherokee, die makers steek ook net soos ‘n langspeelplaat in een groef vas. Ek wonder of hy die openingsseremonie van die olimpiese spele in Londen onthou. En Spanje ook as ek reg onthou. Al die ander tekens sal hy nie erken nie.

MakersMark ·

Die av’s steek ongelukkig vas soos ‘n heksejagter in die middeleeue. Sameswerings teoriee, verskuilde agendas, sinister doelwitte agter alles. Te veel batman en robin comics gelees as kinders.

MakersMark ·

Ag asseblief. Sulke aanmerkings doen AV’r beeld nog meer skade en wys hoe ver agter die denke is. Geen salf aan te smeer nie. Tekens van wat in die olimpiese spele ?

MakersMark ·

Van wanneer af is voorspellings van wereldgebeure in sport seremonies? Bietjie dik vir ‘n daler klink na sterk neiging tot sameswerings teoriee.

piet ·

MM – Die virus lyk asof dit horinkies kan he maar baie meer as 7.

MakersMark ·

Nou net radiostilte. Hul argumente nou opgedroog. Sodra die feite praat of hul word gevra vir bewyse.

piet ·

Watse inside info. Het iemand iets in jou oor gefluister 2000 jaar terug?

MakersMark ·

Nee hul sien dit in sportgebeure…….rest my case…..

Oom Kaspaas ·

Lees die hele bybel, nie net die helfde van een versie wat jy iewers gehoor het nie, asook ALLES wat eers moet of gaan in plek val voor al die goed wat die “beplanners” soos jy sê mee besig is gaan gebeur. No 1 is die antichris gaan openbaar word en die wêreld regeer voor die “Chip” of “merk van die dier” …… het ek iewers iets gemis ?

MakersMark ·

Maklik om een versie te lees en aan CV19 te koppel met die eindtye ipv om die evangelie te verstaan dat die eindtye begin het toe Jesus opgevaar het hemel toe. Dis toe die vervolging van die kerk begin het deur verskeie “beplanners van bose planne” – Nero en die romeinse ryk is die eerste, 2000 j terug en dit word erger is baie dele van die wereld. Nou is ons by een bybelvers, die seemonster, ‘n inenting en die nwo…….ja mens kan net jou kop skud.

Andre ·

Waar kom jy aan een versie? Iets gehoor maar weet nie wasroor dit gaan nie.

Charles ·

Sal nie, terloops is dit nie al tyd vir jou “booster” nie..

VaalDonkie ·

Yo dawg, we heard you like boosters, so we put a booster in your booster so you can get boosted while you’re getting boosted.

MakersMark ·

Dis maar ‘n tipe piet. Soos die sangeres in Tjeggie – kry aspris CV19 om immunity te kry want sy is ‘n antivaxer en word ongelukkig nie gesond nie. Sy is nie meer hier nie.

Andre ·

Nog ‘n makers sprokie. Onthou tog net die masker om jouself in toom te hou.

MakersMark ·

Regtig? google hannah horka. Vars nuus gister, sal oor twee maande op jou klip aankom.

piet ·

MM – So nou’s dit ‘n geval van “it’s over when the fat lady sings no more”

Lekker in SA ·

Natuurlik sal Gauteng die meeste gevalle he almal is mos nou trug van vakansie af….. ons is moeg om in n tronk te lewe wat het geword van mense regte?

Alfred E Neuman ·

Mense regte is die grootste euwel op hierdie planeet. Dit moet heeltemaal tot niet gemaak word.

Anel ·

As Engeland, wat in die middel van hulle winter is, alle inperkings en die dra van masker kan ophef, hoekom nie ons ook wat in die middel van SOMER is nie? Hierdie is net ‘n beheer stratigie en meeste paranoïese mense val daarvoor. Komunisme op sy ergste.

MakersMark ·

Kyk weer braveheart ….”freeeedoommm”. Dalk voel jy beter.

Esme ·

Kan ons nou asseblief die waarheid kry? Hoofstroom Media en die Regering het net te lank vir ons leuens vertel.

Andre ·

Nee, hulle is blind vir die waarheid, en hul influencers sal eerder no-vaxers probeer verkleineer om die klug aan die gang te hou.

VaalDonkie ·

Die waarheid maak nie meer saak nie. Ons leef in ‘n post-waarheid wereld (m.a.w. ons weet wat waar is, maar dit maak nie saak nie).

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.