Covid-19-statistieke: Meeste nuwe sterftes in KZN

(Argieffoto: Go Nakamura/Getty Images/AFP)

Suid-Afrika het nou meer as 1 538 000 bevestigde Covid-19-gevalle met 599 nuwe gevalle wat aangemeld is.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Maandagaand bevestig dat 1 538 451 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld is.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 52 196 nadat nog 85 sterftes aangemeld is: een in die Oos-Kaap, twee in die Vrystaat, vyf in Gauteng, 70 in KwaZulu-Natal en sewe in die Wes-Kaap.

Tot dusver het 1 463 953 mense reeds van die virus herstel; dit is ’n herstelkoers van 95%.

Suid-Afrika het tot dusver 9 649 219 toetse vir Covid-19 gedoen, 13 932 sedert die vorige verslag.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieGevallePersentasie
Oos-Kaap194 89412,7%
Vrystaat82 2415,3%
Gauteng411 60126,8%
KwaZulu-Natal333 02121,6%
Limpopo62 9114,1%
Mpumalanga73 9034,8%
Noordwes62 9234,1%
Noord-Kaap35 6502,3%
Wes-Kaap281 30718,3%
Totaal1 538 451100%

Sterftes en mense wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstelAktiewe gevalle
Oos-Kaap11 341183 362191
Vrystaat3 56476 9411 736
Gauteng10 138399 0102 453
KwaZulu-Natal10 128316 6766 217
Limpopo2 08360 102726
Mpumalanga1 33471 578991
Noordwes1 38859 2452 290
Noord-Kaap79432 1982 658
Wes-Kaap11 426264 8415 040
Totaal52 1961 463 95322 302

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.