Covid-19-statistieke: Meeste sterftes in 24 uur aangemeld

(Argieffoto)

Die dodetal weens Covid-19 in Suid-Afrika het tot amper 6 000 gestyg.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het laat Woensdagaand met die aankondiging van die jongste statistieke gesê altesaam 572 nuwe sterftes is in die afgelope 24-uur-toetssiklus aangemeld.

Intussen het 394 948 mense al positief vir Covid-19 getoets. Meer as 48 000 toetse is afgehandel sedert die vorige statistieke bekend gemaak is en meer as 2,5 miljoen toetse is nou al gedoen.

Meer as 229 000 mense het reeds van die siekte herstel, ʼn koers van 58%.

Provinsiale statistiek:

ProvinsieGevallePersentasie
Oos-Kaap67 81817,2%
Vrystaat12 3323,1%
Gauteng144 58236,6%
KwaZulu-Natal50 52112,8%
Limpopo5 7121,4%
Mpumalanga8 2862,1%
Noordwes15 0733,8%
Noord-Kaap2 7270,7%
Wes-Kaap87 84722,2%
Onbekend500,0%
Totaal394 948100%

Sterftes en persone wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstel
Oos-Kaap1 34549 938
Vrystaat621 315
Gauteng1 15677 397
KwaZulu-Natal47718 067
Limpopo332 518
Mpumalanga523 435
Noordwes483 914
Noord-Kaap151 100
Wes-Kaap2 75271 491
Totaal5 940229 175

 

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Maritha ·

Ek is gladnie verbaas nie! Laai die taxis nog voller en maak sommer ń draai daar in die onderdorp. Duisende wat saamdrom en geen maskers nie. Geen sosiale afstand nie! En nou nog die rye en rye mense wat vir dae lank voor poskantore staan en wag vir R350! Die regering is besig om sy eie mense te vermoor. Ek kan nie glo dat daar op hierdie stadium toegelaat word dat daar vir dae lank so baie mense op een hoop gelok word vir daardie bedrag nie. Hulle staan ure en ure sonder maskers. Waar kom nou skielik so baie vandaan. Watch this space…. nou gaan die getalle eers spike. Mooi so ANC

Kobus ·

Hoeveel van die 572 was in die Oos Kaap gewees. Soos in ‘n vorige berig, Oos Kaap het vir ‘n lang ruk geen sterftes aangeteken nie?

johanf ·

Net so……mos gelieg, en onvoorbereid……nou moet ander Provinsies hulp verleen, net ń klomp motorfiets ambulanse, wat staan….

Miskruier ·

Dit maak nie meer saak nie, die lewe van enkeles teenoor die meerderheid wat n ekonomiese ramp in die gesig staar.

Magda ·

Glo niks wat hulle se nie – wag nog steeds vir my dogter se utislae by Pta Wes Hospitaal wat op die 24 Junie 2020 geneem is (1 maand later en nog geen uitslae nie) SO EK GLO NIKS VAN ENIGE COVID19 WAT HULLE SE NIE.

Jaco ·

Die vermeerdering in sterftes verbaas my nie. Dis algemene kennis dat alle sterftes deesdae Covid-19 as rede op die doodsertifikaat moet hê. Dit is sommer ook ‘n lekker “cover” as “bewys” dat daar geen plaasmoorde in SA is nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.