Covid-19-statistieke: Minder as 1 000 nuwe gevalle

(Argieffoto: Luca Sola/AFP)

Suid-Afrika het nou meer as 1 521 bevestigde Covid-19-gevalle met 862 nuwe gevalle wat aangemeld is.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Sondagaand bevestig dat 1 521 068 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld is.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 50 678 nadat nog 31 sterftes aangemeld is: twee in die Vrystaat, 12 in Gauteng, twee in KwaZulu-Natal, vier in Mpumalanga en 11 in die Wes-Kaap.

Tot dusver het 1 440 874 mense reeds van die virus herstel; dit is ’n herstelkoers van 94,7%.

Suid-Afrika het tot dusver 9 255 492 toetse vir Covid-19 gedoen, 18 989 sedert die vorige verslag.

Meer as 101 000 gesondheidsorgwerkers is reeds teen 18:30 Sondag teen Covid-19 ingeënt.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieGevallePersentasie
Oos-Kaap194 11512,8%
Vrystaat80 6625,3%
Gauteng406 72926,7%
KwaZulu-Natal330 56521,7%
Limpopo62 3354,1%
Mpumalanga71 9134,7%
Noordwes61 5034%
Noord-Kaap34 3632,3%
Wes-Kaap278 88318,3%
Totaal1 521 068100%

Sterftes en mense wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstelAktiewe gevalle
Oos-Kaap11 314182 496305
Vrystaat3 36272 4964 804
Gauteng9 854393 7263 149
KwaZulu-Natal9 741311 6849 140
Limpopo1 91759 612806
Mpumalanga1 27869 6221 013
Noordwes1 20357 6642 636
Noord-Kaap72631 5772 060
Wes-Kaap11 283261 9975 603
Totaal50 6781 440 87429 516

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Baardman ·

1521 aktiewe getalle uit 59 miljoen mense, Daar is meer mense op n Saterdag by n kleinerige mall in die stad. Meeste mense steur hulle lankal nie meer aan covid nie. Dra net maskers om n kriminele rekord te vermy en om in die winkels toegelaat te word. Kyk maar rondom jou. Hier en daar is nog iemand wat aan die regering se lippe hang. Staan en wag voor die restaurant 1.5 meter uitmekaar met maskers, sodra jy sit, waai die masker. Belaglik. Waiter dra masker maar hy hanteer als wat jy gebruik.

Jakez ·

Darem nie SO min aktiewe getalle nie – aktiewe getalle tans op 29 516.

Baardman ·

Jammer dan vir fout, maar nogsteeds 0,05% van bevolking. Dink daar is ander siektes wat veel erger is.

Baardman ·

Ek dink die 3 persone wat my afduimpie gegee het verstaan my verkeerd. Ek weet covid is werklik en daar is sterftes maar ek dink daar is ander siektes wat veel meer sterftes veroorsaak ,sonder dat die land ten gronde bestuur word agv inperkings.

Fritz ·

Covid is die meeste opwinding wat baie mense nog ooit in hul lewe gehad het so gun die afleiding vir hulle. Meeste mense se lewens bestaan net uit werk, kinders grootmaak, tuinwerk, TV kyk, mall crawl en braai. Gaan selfs jaar na jaar op dieselfde plek vakansie hou.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.