Covid-19-statistieke: Minder as 1 000 nuwe gevalle

(Foto: Andres Larravere/AFP)

Altesame 965 nuwe gevalle van Covid-19 is bevestig, wat die algehele getal infeksies landwyd nou op 1 545 431 te staan bring. Die herstelkoers staan steeds op 95% nadat 1 471 899 mense van die virus herstel het.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het ook 15 nuwe sterftes bevestig. Hiervan was drie in die Vrystaat, ses in Gauteng, een in KwaZulu-Natal, vier in Mpumalanga en een in die Wes-Kaap. Geen sterftes is in die Oos-Kaap, Limpopo, Noordwes of die Noord-Kaap aangemeld nie.

Die algehele sterftesyfer weens Covid-19 staan tans op 52 663.

Daar is tans 20 869 aktiewe gevalle van die virus.

Aktiewe gevalle:

KwaZulu-Natal:  5 521

Wes-Kaap:          5 140

Noord-Kaap:      2 576

Gauteng:             2 511

Noordwes:         1 982

Vrystaat:             1 637

Mpumalanga:    1 022

Limpopo:            280

Oos-Kaap:           200

Die getal gesondheidwerkers wat reeds teen Covid-19 ingeënt is, staan steeds op 231 605.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

gehasie ·

Wie beheer diè statestieke? Die beheermaatreëls is baie erger as sg. Covid. Drakonies en het ten doel om menslike vryheid in te perk. Absoluut geen logika in wat ANC doen nie en dit geld nie net vir Covid nie.

Miskruier ·

71% in oos kaap en 68% in weskaap het alreeds teenliggaampies.

Deon ·

20869 teenoor n land met 60 000 000 mense, so uhm wat is die persentasie wat nou siek is op hierdie dag? Ek is doodseker die energie en geld wat spandeer word aan die virus kan beter aangewend word op n pandemie soos bv korrupsie, aids, droogtes, kinders, oumense, skole…..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.